Shishani help die San
'n Plaaslike sangeres wat in die buiteland woon, het met skarebefondsing begin om bystand aan gemarginaliseerde gemeenskappe te verleen.
Tanja Bause – Die Namibiese sangeres Shishani Vranckx wat nou in Nederland woon, het saam met Namibia Tales 'n veldtog vir skarebefondsing van stapel gestuur om die San-gemeenskappe in Namibië se las ligter te maak.
“Die hoktyd en die afname in toeriste weens Covid-19 het kwesbare gemeenskappe in Namibië beïnvloed. Ons kontakpersoon en gids in Tsumkwe het na ons toe uitgereik en vir hulp gevra. Ons het in Desember besluit om geld van ons gehore, vriende en familie in te samel,” het Shishani gesê.
Tot dusver is sowat N$13 400 vir die San ingesamel en het hulle twee keer kos afgelewer. Hulle gaan nog 'n veldtog van stapel stuur om nog geld in te samel.
“Ons ondersteun die Nama-pan-, //Xao /Oba- en Nhoma-gemeenskappe in die Tsumkwe-omgewing. Dit is sowat 80 mense. Dit is die gemeenskappe wat ons tydens ons musikale samewerking met die San in 2012 en 2018 gebruik het. Ons het dus gevoel dit is ons verantwoordelikheid om te help waar en soos ons kan. Die probleem van armoede en toegang tot hulp, is natuurlik baie groter as wat ons as individue kan aanpak. Dit behoort 'n nasionale projek te wees om die mense wat die meeste geraak word te help.”
In 2015 het Shishani saam met Sjahin During ('n slaginstrumentspeler en vervaardiger) Namibia Tales begin. Dit is 'n akoestiese, Amsterdamse kwartet wat in die musikale tradisies van Namibië delf. In 2016 het hulle die Best World Music Album-toekenning van Nederland met hul album Itaala gewen.
In Junie 2017 het die kwartet Namibië toe gekom om met vier San-vroue in die Kalahari te werk. Saam het hulle die album Kalahari Encounters opgeneem wat in 2017 weer dié toekenning gewen het. In 2018 het Namibian Tales saam met vier San-vroue van die //Xao/oba-nedersetting 'n album vrygestel en deur Nederland, Europa en Namibië getoer.
Namibiërs en mense van oor die wêreld kan deur die GoFundMe-skarebefondsingplatform https://www.gofundme.com/support-san-communites-in-namibia-2/donate 'n skenking maak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie