Shoprite-geveg vandag in die hof
Shoprite-geveg vandag in die hof

Shoprite-geveg vandag in die hof

Soeklig op Shoprite se vervanging van stakers met seisoenwerkers
Augetto Graig
Augetto Graig

Shoprite en die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) se prokureurs bots vandag weer in die Windhoekse hoërhof, in ’n tweede dringende aansoek om die reusekettingwinkelonderneming te verbied om tydelike personeel in te span om stakers se werk te doen.

’n Vorige dringende aansoek op 23 Desember is deur regter Nate Ndauendapo van die rol geskrap weens ’n tekortkoming in die magtiging van Nafau se hoofsekretaris, Jacob Penda, om namens die werkers op te tree.

Vandag se aansoek kom as gevolg van ’n tweede verklaring vanaf die respondent en Nafau se adjunk- algemene sekretaris, me. Absalom Wihelma, en word voor regter Shafimana Ueitele verhoor. Hierdie keer dring Nafau aan dat hulle Shoprite se minagting van die reëls vir die staking kan bewys.

Shoprite het kennis gegee dat hulle die aansoek sal teenstaan, maar by navraag het hul prokureur Samuel Philander laat weet hy mag nie met Republikein praat nie. Nogtans toon hofdokumente van die Desember-verhoor dat Shoprite meer onreëlmatighede as net Penda se magtiging bevraagteken.

Shoprite sê daar is al in September besluit ekstra werkers sal soos gewoonlik vir die feesseisoen nodig wees. Volgens ’n beëdigde verklaring deur me. Karen Smith, die groep se personeelbestuurder, is die datums van 7 Desember 2020 tot 15 Januarie 2021 toe reeds hiervoor neergepen.

Gedurende Desember het Shoprite sowat 390 seisoenswerkers aangestel.

Volgens Smith het Shoprite op Maandag 21 Desember steeds geen formele kennis van Nafau ontvang wanneer die staking sou begin nie. Hierdie punt word egter teengestaan in hofdokumente wat Nafau se prokureur, Uno Katjipuka-Sibolile, vir vandag se verhoor ingedien het.

Nafau dring aan Shoprite weet sedert 7 Desember, toe reëls vir die staking onderteken is, dat die staking kom. Wihelma se verklaring steun sterk op ’n gesamentlike besoek aan vier van Shoprite se winkels op 29 Desember (Checkers in Grove Mall en die Shoprite-takke in Onafhanklikheidslaan, by Maerua Mall en in Katutura).

In die teenwoordigheid van arbeidsversoener Emma Nikanor is bewyse versamel van nuwe werkers wat stakende werkers se verantwoordelikhede oorneem, werknemers van ander maatskappye, en selfs bestuurders wat instaan vir stakende kassiere en bakkers, sê hy.

Shoprite voer aan die benutting van seisoenswerkers was lankal ’n uitgemaakte saak, en toe die werwing van die nuwe werkers op 3 Desember begin het, het niemand geweet of en wanneer ’n staking sou plaasvind nie.

Volgens Smith se aanvanklike verklaring, benewens dat winkels in die feestyd langer oop bly, vereis die impak van Covid-19 ook dat genoeg personeel beskikbaar is. Om met die werwing van werkers voort te gaan (van hulle het al op 7 Desember ingeval) is volgens Smith nie deur die reëlooreenkoms vir die staking verbied nie. Stakers se reg om hul arbeid uit protes te onttrek, is volgens Shoprite dus nie ondermyn of benadeel nie.

Stakende werkers het tot dusver die wet gehoorsaam ná die harde lesse van 2015 se onwettige staking. Die huidige staking volg ’n stemproses waartydens 58,55% van 3569 Shoprite werknemers tussen 11 en 17 Desember landswyd daarvoor gestem het.

Kernpunte van die geskil is eise vanaf die werkers vir salarisverhoging, vervoertoelae en voorsiening van mediesefondse. Nafau se laaste voorstel is op 30 Desember deur Shoprite van die hand gewys, en geen ander aanbod is sedertdien gemaak nie.

“Enige vertraging om Shoprite te dwing on aan die ooreengekome reëls te voldoen, sal die suksesvolle uitkoms van die staking ernstig bedreig. Die werkers mag hoop verloor en verkies om die karige aanbod van Shoprite te aanvaar, nie omdat dit is wat hulle wil hê nie, maar om ekonomies te oorleef,” sê Wihelma.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!