Shoprite kan dalk weer styg
Shoprite kan dalk weer styg

Shoprite kan dalk weer styg

Verkope in supermarkte in Suid-Afrika het met net 2,58% toegeneem.
Frans de Klerk en Christelle de Klerk – Shoprite is die grootste supermarkgroep in Afrika.

Sy jongste finansiële resultate vir die tydperk tot einde Desember 2018 dui op ’n verlangsaming in die groep se kernsake.

Verkope in supermarkte in Suid-Afrika het met net 2,58% toegeneem. Volgehoue lae interne voedselinflasie in Suid-Afrika van slegs 0,2% die afgelope 18 maande en amper gestagneerde pryse vir basiese voedsel, waarin die groep ’n groot markaandeel het, was die rede vir die swak groei. Drankwinkels vaar steeds goed en het in die verslagtydperk hul verkope met 20% opgeskuif. Die omset van supermarkte buite Suid-Afrika gemeet in rand het met 13,27% gedaal.

’n Venster wag steeds tussen R165,03 en R178,11.

Die drie-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) het begin omdraai en die korttermynsentiment teenoor die aandeel sal verander na positief wanneer die drie- en die agt-dae- bewegende gemiddelde mekaar na bo behoorlik kruis.

Die aandeel sukkel om lyn A (R164,75) in ’n steun te verander. Indien dit wel gebeur, sal ’n hoër laagte vorm wat die optimisme sal bevestig.

Tegnies sal die bevestiging van ’n koop ook op die tafel wees as die nullyn op die neiging-verwyderde prysossillator (DPO) verander in ’n steun.

· Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R164,75), maar gebruik R157,95 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R167,20; R168,75; R169,96; R171,35; R172,95; R175,13; en R178,11.

· Medium- tot langtermyn-beleggers: Die aandeel bou aan ’n moontlike oggendsterformasie op die weeklikse grafiek. Tegnies sal die formasie bevestig wees as dit op ’n weeksluiting bo R165,43 is, wat op optimisme sal dui.

· Frans de Klerk en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!