Shoprite Namibia: Staking verby
Shoprite Namibia: Staking verby

Shoprite Namibia: Staking verby

Elvira Hattingh
Voltydse werknemers by Shoprite-, Usave- en Checkers-winkels sal nou ‘n salarisverhoging van N$250 per maand ontvang, terwyl skofwerkers se uurlikse vergoeding na N$1,28 per uur verhoog word.

Dit is enkele van die voorwaardes waarop betrokke partye ooreengekom het voor die Shoprite Namibia-staking vanmiddag laat vaar is. Nafau se geskil oor vergoeding en werksomstandighede vir 4 300 werknemers by Shoprite-, Usave- en Checkers-winkels landswyd het sedert 23 Desember tot 'n nasionale staking gelei.

Daar is ook ooreengekom dat geen voltydse werknemer voorts ‘n salaris van minder as N$2 500 per maand ontvang sal nie, terwyl geen betaling vir skofwerkers minder as N$12,82 per uur mag wees nie.

Dié ooreenkoms is geld vanaf 1 Julie 2020 tot 30 Junie 2021.

Daarna, vir die boekjaar 1 Julie 2021 tot 30 Junie 2022, sal voltydse werkers weer ‘n verhoging van N$250 per maand ontvang, terwyl skoftoelae met ‘n verdere N$1,28 per uur verhoog sal word.

Werkers sal in Februarie ‘n terugbetaling ontvang, effektief vanaf 1 Julie 2020.


Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer