Shoprite se omset styg so-so
Shoprite se omset styg so-so

Shoprite se omset styg so-so

Verkope by Shoprite supermarkte het in die laaste ses maande van 2017 toegeneem.
Nellie Brand-Jonker



Die Shoprite-groep se omset het in die halfjaar tot einde Desember met 6,3% gestyg.

Dit sluit sy bedrywighede in die res van Afrika in.

Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof, sê in 'n handelsoorsig die traer pas van groei moet beskou word teen die agtergrond van sterk omsetgroei van 14% in die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar.

In die laaste kwartaal van 2017 het die groep se pryse boonop gedaal.

In Suid-Afrika het sy supermarkte in die halfjaar verkope met 7,8% opgestoot. Die omsetgroei is verkry terwyl sy pryse intern met net 0,4% gestyg het.

Prysinflasie het drasties gedaal in die halfjaar vergeleke met die 7,4% in die vorige jaar se ooreenstemmende tydperk.

Dit is toegeskryf aan die wesenlike prysdalings van stapelvoedselprodukte soos mieliemeel nadat voorraad verbeter het van die vorige jaar se droogte af.

Geen aanduiding is gegee van hoeveel nuwe winkels geopen is en hoe dit verkope aangehelp het nie. Die groei in vergelykende winkels gee normaalweg 'n beter idee van hoeveel meer verbruikers gekoop het.

In die kwartaal tot einde September 2017 is 20 supermarkte geopen. Die maatskappy wil 82 supermarkte in Suid-Afrika open in die lopende boekjaar.

In die res van Afrika het handelstoestande onveranderd gebly en het omset in randwaarde met 0,4% gedaal.

Dit is vergeleke met die skerp groei in verkope van 32,3% in die halfjaar tot einde Desember 2016.

Die groei in Suid-Afrika en in die res van Afrika is swakker as die verwagting van ten minste een groot beleggingsbank.

Shoprite se aandeelprys het Dinsdagoggend flou gereageer op die handelsoorsig en met 0,3% of 64c tot R213,64 gestyg.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!