• Tuisblad
  • Sake
  • Shoprite: Skokbedanking ná omstrede vergadering
Shoprite: Skokbedanking nu00e1 omstrede vergadering
Shoprite: Skokbedanking nu00e1 omstrede vergadering

Shoprite: Skokbedanking ná omstrede vergadering

Shane Watkins, beleggings­hoof van All Weather Capital, sê hy is “heeltemal geskok” oor prof. Shirley Zinn se bedanking.
Nellie Brand-Jonker



Prof. Shirley Zinn, hoof- onafhanklike direkteur van die Shoprite-groep, het onverwags met onmiddellike ingang bedank.

Dit kom ná die omstrede jaarvergadering Maandag waarop 61% van gewone aandeelhouers teen Christo Wiese, voorsitter, se verkiesing as direkteur gestem het.

Hy is egter herverkies omdat hy self spesiale stemregaandele het wat verseker het die besluit word goedgekeur. Die direksie het daarna op 'n direksievergadering Wiese se her­aanstelling as voorsitter goedgekeur.

Zinn is ook lid van die nominasiekomitee waarvan Wiese die voorsitter en dr. Anna Mokgokong die derde lid is.

Haar bedanking kom binne ses maande ná haar aanstelling op 9 Mei. Sy het Edward Kieswetter opgevolg nadat hy as hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangestel is.

Shane Watkins, beleggingshoof van All Weather Capital, sê hy is “­heeltemal geskok” oor haar ­bedanking.

All Weather Capital het in 'n ongewone stap in Shoprite se geskiedenis verlede week 'n direkteur benoem vir verkiesing tot die direksie deur van die akte van oprigting van die groep gebruik te maak.

Jan le Roux, die grootste indivi­duele aandeelhouer naas Wiese, wat benoem is as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur, is nie verkies nie, grootliks omdat Wiese sy ­spesiale stemaandele gebruik het om teen hom te stem.

“Wanneer die hoof van die onafhanklike direksie onverwags bedank, hou dit gewoonlik daarmee verband dat hulle groot ­bedenkinge het of hulle hul pligte as hoof- ­onafhanklike direkteur onder die omstandighede kan uitvoer,” meen Watkins.

Hy meen dit is “skandalig” dat dit dalk die gebeure vandeesweek is wat haar genoodsaak het om te bedank.

“Sy is waarskynlik 'n etiese mens en iets het gebeur wat hiertoe gelei het.”

Sy is ook die voorsitter van die ­vergoedingskomitee van die Shoprite-­groep.

Sy moes op die jaarvergadering vandeesweek met Wiese se herverkiesing tot direkteur die vraag hanteer wat die direksie doen ten opsigte van opvolgplanne vir hom omdat hy al 28 jaar lank die voorsitter is.

Zinn het daarop geantwoord daar is 'n opvolgplan wat op die direksievergadering ná die jaarvergadering gefinaliseer sal word.

Zinn wou nie kommentaar lewer op jaar bedanking nie.

Wiese het by navraag beaam dit was onverwags. “Sy het 'n notatjie geskryf en gesê dat sy om persoonlike redes bedank.”

Op die vraag hoekom dit nie in die Sens-verklaring staan nie, sê hy hy dink nie dit word gewoonlik daarin gemeld nie. Oor Watkins se stellings sê Wiese dit maak nie sin nie.

“Daar was 'n algemene jaarvergadering en na die algemene jaar­vergadering 'n verkiesing van die voorsitter. Dit was eenparig. Dit kan nie daaroor wees nie.”– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!