Shoprite-werkers betoog weer
Augetto Graig - Vakbondleiers het die afgelope Vrydag hul steun aan Shoprite-werkers gegee.
Dit in 'n betoging oor hul werkomstandighede, asook oor dissiplinêre stappe wat teen 100 werkers gedoen is weens hul deelname aan 'n onwettige staking in 2015.
Die Trust vir Ekonomiese en Sosiale Beregtiging het die betoging, wat by Shoprite in Katutura plaasgevind het, georganiseer.
Werkers by die betrokke winkel kon egter nie aan die betoging deelneem nie, glo omdat die winkelbestuur die werkers se etenstyd vir Vrydag vroeër geskeduleer het.
Nogtans het sowat 60 mense aan die betoging deelgeneem. Plakkate is omhoog gehou en liedjies oor die stryd vir ekonomiese bemagtiging is gesing.
Me. Elsie Ashipala van die trust het gesê: “Ná 176 werkers op Rundu en Gobabis afgedank is, moet meer as 100 werkers in Windhoek steeds dissiplinêre verrigtinge meemaak.
“Shoprite het werkers se regte voortdurend geskend en die wedywering tussen verskillende vakbonde tot sy eie voordeel gebruik. Dit is hoog tyd dat Shoprite verantwoordelikheid vir sy afskuwelike arbeidspraktyke neem.”
Ashipala het gesê die meeste Shoprite-werkers verdien steeds sowat
N$2 500 of minder per maand en kry geen vervoer- of behuisingstoelae nie.
Van hulle bestee tot N$960 per maand daaraan om by die werk te kom, en baie van hulle se informele behuising kos sowat N$1 000 per maand.
“Shoprite spog met 'n omset van net meer as N$130 miljard vir 2016.
“Die jaar daarvoor het mnr. Whitey Basson, Shoprite se uitvoerende hoof, 'n bonus van N$50 miljoen gekry en sy basiese salaris vir die jaar was N$49,7 miljoen.
“Dit is ongeveer N$4 miljoen per maand. Shoprite se werkers help om hierdie rykdom te skep, maar hulle word nie die geleentheid gegun om deel te wees daarvan nie. Dit sal 'n Shoprite-werker ongeveer 133 jaar neem om te verdien wat Whitey Basson in een maand verdien,” het sy gesê.
“Ons eis dat Shoprite die dissiplinêre stappe teen sy werkers onmiddellik laat vaar. Hulle is diegene wat swak behandel word en geviktimiseer word. Sulke praktyke het geen plek in 'n onafhanklike Namibië nie.
“Ons doen 'n beroep op lede van die publiek wat nog nie die petisie onderteken het nie om die werkers te ondersteun. Ons moet solidariteit toon en ons slagspreuk onthou: wanneer een ly, ly almal,” het Ashipala gesê.
Die Namibiese Unie vir Voedsel en Verwante Werkers (Nafau) het die optog ook ondersteun.
Volgens mnr. Lister Tawama, Nafau se nasionale opleidingskoördineerder, versoek dié vakbond ook dat die dissiplinêre stappe laat vaar word en dat Shoprite hul afgedankte werkers op Rundu en Gobabis heraanstel.
Tawama het ook 'n beroep gedoen op Shoprite-werkers landswyd om by die vakbond aan te sluit sodat hulle verteenwoordig kan word.
Hy het gesê Nafau kort nog 300 lede om die vakbond te wees wat die meerderheid werkers verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie