Shortie en die pienk padstal
Die mobiele padstal word elke oggend met ’n blou trekker na sy ligging gesleep en in die aand weer terug na Roy’s Ruskamp en sy huis.
Tanja Bause
By die kruising van die B8-pad van Grootfontein en die C44-pad na Tsumkwe is ‘n helder pienk padstal onder ’n paar bome geparkeer. Die mobiele padstal word elke oggend met ’n blou trekker na dié ligging gesleep en in die aand weer terug na Roy’s Ruskamp en sy huis.
Die padstal behoort aan Wimpie en Marietjie Otto van Roy’s Ruskamp en die man wat die trekker ry en die padstal beman, is Bernard Shilongo of sommer net Shortie, soos hy homself voorstel.
Shortie het saam met die Otto-egpaar in 2012 aan die idee van die padstal begin werk.
“Ons ken Shortie se pa en familie baie goed. Shortie het ’n rugprobleem en hy kan dus nie swaar handearbeid doen nie, maar hy is goed daarmee om met geld te werk en kliënte te bedien. Shortie is in beheer van die padstal. Hy sê wat hy nodig het en ek vul die voorraad aan. Hy ken sy gereelde kliënte baie goed; wanneer hulle by die padstal stilhou, staan hy reeds langs hul venster met die item in sy hand,” het Marietjie gesê.
Sy sê hulle het met die padstal begin omdat daar in boerdery altyd na nuwe geleenthede gekyk moet word, asook om werk te skep
“Met ons heel eerste dag se padstalverkope het ons slegs een sigaret en een pakkie vuurhoutjies verkoop. Dit was ’n groot uitdaging om aan te gaan en nie moed op te gee nie. Ons verkoop ons eie wildsvleisprodukte soos chilliewors, droëwors, biltong en vleis. Boere van die omgewing reken die koudste Fanta kan net by die pienk padstal gekoop word.”
Ander produkte word ook by die padstal aangehou ter wille van die plaaswerkers van die omgewing, aangesien Grootfontein en die naaste winkel sowat 55 kilometer weg is. Die plan is ook om volgende jaar ’n groter verskeidenheid vleisprodukte aan te bied.
“Wanneer ons buurman te veel tamaties of kool het, dan word dit daar verkoop en nou met die waatlemoenseisoen om die draai, sal die soetste waatlemoene verkoop word. Ons het ook maroelakonfyt – wanneer dit in seisoen is – op die rakke.”
Volgens Marietjie het hulle ook al probeer om koekies te verkoop, maar omdat die mobiele padstal elke dag heen en weer gery word, is dit nogal ’n uitdaging om nie ’n sak krummels te probeer verkoop nie.
“Gedurende die Covid-19-pandemie was ons baie dankbaar vir die geld wat die padstal gegenereer het. ’n Bekende boer van die omgewing Dawie Kok sê die blou Ford-trekker bring die meeste geld in sonder veel uitgawes.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie