Showmax, DStv Now nou onder een sambreel
Petrus Malherbe - Naspers het Woensdag aangekondig dat hy ’n nuwe eenheid skep vir sy videostromingsdienste Showmax en DStv Now. Connected Video sal verantwoordelik wees vir die maatskappy se internettelevisiedienste in Afrika, sowel as vir die ontwikkeling van nuwe, soortgelyke dienste vir MultiChoice. Niclas Ekdahl is as Connected Video se uitvoerende hoof aangestel. Hy begin op 10 September in dié rol. Ekdahl was tot onlangs besturende direkteur van Nuvu, ’n stromingsdiens wat die Sweedse maatskappy Ericsson in 2015 begin het.
“Videodienste is besig om vinnig oor Afrika heen te groei,” sê Imtiaz Patel, uitvoerende hoof van Naspers se videovermaak-afdeling.
“Ons het reeds goed hiervoor voorsiening gemaak met Showmax en DStv Now, maar dit is nou tyd dat ons die twee eenhede konsolideer om die beste moontlike diens aan ons kliënte te bied.”
By navraag het Richard Boorman, Connected Video se kommunikasiehoof, gesê dit is nog te vroeg om te bespiegel of dit beteken DStv Now en Showmax gaan uiteindelik saamsmelt tot een platform.
"Ons oorweeg verskeie opsies, insluitend 'n hele paar alleenstaande platforms," sê Boorman. "Maar dis nog te vroeg om meer besonderhede te verklap."
Netwerk24 is nes Showmax, DStv Now en MultiChoice in die Naspers-stal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie