'Sh*thole'-video versprei soos veldbrand
Tanja Bause - Skaars 12 ure nadat Amerika se president Donald Trump na Afrikalande as “sh*thole”-lande verwys het, het Gondwana Collection Namibia in samewerking met die Namibiese kletsrymer, EES, 'n skreeusnaakse video daaroor vrygestel.
Dit is hul derde video wat op Trump se omstrede uitsprake of blapse gebaseer is.
Die eerste video het die draak gesteek met Trump se “America First”-uitspraak. Die titel daarvan was America First/Namibia First - Not second. Die tweede video het die spot gedryf met Trump toe hy Namibië “Nambia” genoem
het.
“Die eerste video wat ek in Februarie verlede jaar gemaak het, het ek net vir die pret gemaak. Maar ek het gedink iemand soos Gondwana kan daarby baat omdat hulle leiers in toerisme is en omdat hulle nie net hul lodges nie, maar ook die hele land bevorder,” het EES gesê.
“Ons het al meer as 7 miljoen mense wêreldwyd met dié drie video's bereik. Sowat 7 miljoen mense wat aan Namibië, sy mense, kultuur en die natuurskoon blootgestel is.
“Dit is skrikwekkend hoeveel mense steeds nie van ons land weet nie en die video's versterk ons internasionale teenwoordigheid,” het hy gesê.
Mnr. Manni Goldbeck, handelsmerk- en bemarkingsbestuurder van Gondwana Collection Namibia, sê: “Ons het nog altyd in inhoudsbemarking geglo. Dit gaan nie net oor die Gondwana-handelsmerk nie, maar oor die hele land, sy kultuur en sy mense. Die kern van ons handelsmerk is dat daar 'n storie is om te vertel, en dit is wat ons met ons bemarking doen.”
Volgens hom is die drie spesifieke video's wat in reaksie op Trump se uitlatings gemaak is, gedoen om solidariteit met ander Afrikalande te toon.
“Ons kan nie die man se arrogansie net so aanvaar nie. Maar die video's is ook 'n baie goeie geleentheid om Namibië ten toon te stel,” het Goldbeck gesê.
EES skryf die draaiboek vir die video's en sodra hy die jawoord van Gondwana af kry, begin
hy aan die produksie daarvan werk.
“Met die laaste video was ons 'n bietjie laat omdat daar reeds baie video's op die internet oor dié uitspraak was, maar hy sê so baie simpel goed. Ek en Gondwana probeer sy negatiewe uitsprake in iets positiefs vir Namibië omskep,” het EES gesê.
Trump se stem in die video's word deur 'n Amerikaanse Trump-nabootser gedoen.
Omdat die nabootser in Amerika is, lei dit weens die tydsverskil tussen Namibië en Amerika soms tot vertragings.
As gevolg hiervan was die mees onlangse video effe laat, sê EES.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie