Sibanye-Stillwater: 5de mynwerker se lyk gevind
Die lyk van die vyfde mynwerker wat in Sibanye-Stillwater se Kloof Ikamva-skag vermis was, is gevind.
Sibanye-Stillwater het gisteroggend in ’n verklaring gesê al die werkers wat vermis was, is nou gevind.
Die maatskappy het Maandag gesê vyf werkers het ’n verlate werkgebied in die skag betree en daar was ’n “voorval”, maar het nie meer besonderhede verskaf nie.
James Wellsted, woordvoerder vir Sibanye-Stillwater, sê daar sal eers kommentaar gelewer word oor wat gebeur het nadat ’n behoorlike ondersoek afgehandel is.
Hy het bevestig dat verlate of “uitgemynde” dele van myne gevaarlik kan wees aangesien daar nie ventilasie is nie en pilare nie meer behoorlik onderhou word nie.
Sibanye-Stillwater het ook voorheen gekla dat onwettige mynwerkers, oftewel zama-zamas, dikwels in dié dele van myne wegkruip.
Hulle myn dikwels die pilare wat gelos word, wat gebiede dan uiters onveilig maak.
Die voorval kom kort ná ’n rotsstorting verlede maand waarin sewe mynwerkers dood is. Dié storting is deur seismiese aktiwiteit veroorsaak.
In Februarie is twee werkers ook ondergronds by die Kloof Ikamva-skag vasgekeer ná seismiese aktiwiteit. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie