Sibanye tot rommel afgradeer weens staking, Eskom
Sibanye tot rommel afgradeer weens staking, Eskom

Sibanye tot rommel afgradeer weens staking, Eskom

Nellie Brand-Jonker – Die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater is Woensdag ná die sluiting van die mark deur die internasionale kredietgradeerder Moody’s tot rommel afgradeer.

Moody’s het gesê dit hou verband met die toenemende gevare wat die moeilike bedryfstoestande in Suid-Afrika vir sy kredietprofiel inhou.

Dit hou ook verband met die toenemende gevare dat die maatskappy nie sy R6 miljard wentelkredietgerief gaan kan herfinansier wanneer dit in November vanjaar terugbetaal moet word nie.

Die verbetering wat Moody’s verwag het gaan langer neem as verwag weens die staking by sy myne sedert 21 November.

“Die onopgeloste staking by Sibanye-Stillwater se goudmyne hou baie langer aan as wat Moody’s verwag het.”

Moody’s het ook gemaan as die staking nie beheer gaan word en gekeer word dat dit na sy platinummyne uitbrei nie, gaan dit sy kredietsake verder verswak.

Moody’s is reeds bekommerd die maatskappy is in gevaar weens die loononderhandelinge in die platinumsektor wat middel vanjaar begin en die besluit om Lonmin te bekom.

Boonop het Suid-Afrika probleme met sy kragsektor en daar is onsekerheid oor die omvang van die styging in elektrisiteitspryse wat aangekondig gaan word en oor kragonderbrekings.

Sy kredietgradering is van Ba2 na Ba3 verlaag wat ’n nie-beleggingsgradering is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!