Sibongile, Konrad verken Namibiu00eb vir Faces2Hearts
Sibongile, Konrad verken Namibiu00eb vir Faces2Hearts

Sibongile, Konrad verken Namibië vir Faces2Hearts

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



'n Veldtog deur die Europese Unie (EU) om met die hulp van 20 jong vloggers “1 001 stories” in 10 lande in Afrika, Asië en Latyns-Amerika te vertel, het Maandag afgeskop.

Namibië is een van dié 10 lande.

Die EU hoop om met Faces2Hearts 2019 sy projekte aan die wêreld bekend te stel en die uitruiling van kulturele kennis en menslike interaksie te bevorder, sê hy in 'n ­verklaring.

Tien van die 20 vloggers wat op grond van hul skeppende video­joernale op die web gekies is om die EU se storie te vertel, is Europeërs. Die ander 10, onder wie die Namibiër Sibongile Tshabalala, is van elders in die wêreld afkomstig.

Sibongile sal môre saam met Konrad Sniady van Pole in Namibië aankom om EU-­projekte in ver­skeie streke te besoek wat fokus op klimaatsverandering, ­geslagsgelykheid, vroeë kinder­ontwikkeling, ontwikkelings­onderwys, landbou, hernubare energie en wildbe­waring.



BESOEK VERSKEIE PROJEKTE

Al die vloggers het eers in Brussel in België opleiding ontvang voor hulle na die lande gestuur is wat hulle gaan verken.

Sibongile en Konrad sal van Donderdag af tot 24 Julie deur die land reis en verskeie projekte besoek, waarná hulle met behulp van video's die stories sal vertel soos hulle dit beleef het.

Die EU beplan om op 26 Julie tydens 'n nuuskonferensie hul video's te vertoon en Namibiërs insae te gee in hoe hierdie twee jongmense die impak van hierdie projekte op mense se lewens beleef het en wat hul ervaring van die toer was.

Volgens die EU sal die vloggers in pare vir 'n maand lank deur die lande toer en die onderskeie projekte dokumenteer.

Benewens Namibië, sal hulle ook ­Argentinië, Bhoetan, die Kaap Verdiese eilande, Jamaika, Mianmar, Pakistan, Paraguay, Sierra Leone en Gambië besoek.

Mense kan by https://www.faces2hearts.eu na die video's kyk en die jonges se wedervaringe meemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!