Sichuan-gebied in China deur aardbewing geruk
Die suidwestelike Sichuan-provinsie in China is deur 'n aardbewing getref. Geboue is beskadig, maar in dié stadium is daar geen berigte van groot ongevalle nie.
Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) het die skudding van 6,5 op 'n diepte van 10 km 'n yl bevolkte gebied, 200 km wes-noordwes van die stad Guangyuan, getref.
Owerhede in Sichuan sê die episentrum was in die Ngawa-prefektuur, waar die meeste van die mense etniese Tibetane is. Hulle is meestal nomadiese herders.
Die Jiuzhaigou-natuurreservaat, 'n gewilde toeristebestemming, is ook naby die episentrum geleë.
Die gebied word gereeld deur aardbewings getref.
Foto's op die staatsbeheerde sosialemedia-platforms toon skade in Jiuzhaigou, waar teëls van geboue afgeval het en mense buite saamdrom.
Op die staatstelevisie het 'n inwoner van 'n dorpie in Jiuzhaigou gesê waar hy was, het geen geboue ineengestort nie, maar daar was 'n sterk skudding en mense het uit die geboue gevlug na buite.
Volgens 'n polisiebeampte het toeriste paniekerig geraak tydens die skudding, maar tot dusver is geen ernstige beserings of sterftes aangemeld nie.
'n Toerismebeampte het aan die amptelike Xinhua-nuusagentskap gesê sommige huise het ineengestort of gekraak en owerhede reël dat die plekke ontruim word.
Die skudding is tot in die provinsiale hoofstad, Chengdu, en so ver as Xi'an, tuiste van die bekende Terracotta-soldate gevoel.
In Mei 2008 is bykans 70 000 mense dood in 'n skudding in Sichuan. –Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie