Side By Side gee tonne liefde en hoop
Kinders met gestremdhede en hul ouers is in goeie hande by dié sentrum.
Tanja Bause – 'n Span van ses mense van die Side by Side Early Intervention Centre is tans besig om in agt dorpe in vyf streke inleidingwerkwinkels vir ouers, oppassers en gesondheidswerkers in die gemeenskap vir kinders met gestremdhede te gee.
In geheel het 235 mense in Windhoek, Mariental, Keetmanshoop, Gobabis, Otjiwarongo, Grootfontein, Rundu en Oshakati streeksuitreik tweedagwerkwinkel bygewoon wat met die finansiële steun van Uniced se UNPRPD (United Nations Patnership of Persons with a Disability) en B2Gold Namibia moontlik gemaak is.
In geheel het reeds sowat 1 000 mense in 2021 opleiding ontvang.
Volgens Huipie van Wyk, die sentrum se direkteur, is daar landswyd 'n groot behoefte, nie net vir die opleiding van ouers nie, maar ook vir vroeë ingryping sodat die kinders die beste moontlike lewensgehalte kan hê.
“Statisties het 87% van kinders met gestremdhede in Namibië nog nooit enige terapie of vroeë kinderontwikkeling ontvang om hul lewensgehalte te optimaliseer nie. Statistiek toon ook een uit elke vyf mense het een of ander gestremdheid en gemiddeld twee mense word deur een persoon met 'n gestremdheid geraak.”
Die span van Side by Side moet nog Otjiwarongo, Grootfontein, Rundu en Oshakati besoek. Die werkwinkels is ook verlede jaar in verskillende dorpe aangebied, maar die Covid-19-pandemie het die planne deurmekaar gekrap.
“Ons is altyd 'n multidissiplinêre span van ses mense wat die werkwinkel in die dorpe aanbied. Dit is ek en saam met my is die maatskaplike werker, refleksoloog, arbeidsterapeut en/of 'n dieetkundige, fisioterapeut of insluitingsonderwyser.”
Side by Side doen ook 'n uitreikprogram waar die span onder 'n boom in die informele nedersettings gaan sit en mense hul kinders vir evaluering kan bring.
“Wanneer jy dink jou buurvrou se kind moes al geloop het en jy sien sy doen niks daaromtrent nie of dalk weet sy nie wat om te doen nie, dan bring jy die mamma en haar kind na die boom in Havana en ons evalueer die kind. Wanneer ons vasstel of die kind gestremd is, kan ons die ouers verwys en die kind kan met rehabilitasie en opleiding begin. Ons was al twee keer onder die boom en het al agt kinders geïdentifiseer wat hulp benodig.”
SIDE-BY SIDE
Die organisasie is in 2013 geregistreer om die kind, ouers en die gemeenskap te bemagtig.
Die vorige direkteur, Sandra Hollweg, het 'n sterk fondasie agtergelaat waarop Huipie voortbou sedert sy in 2017 die leisels oorgeneem nadat Sandra haar opgelei het.
“Ek self het 'n kind met gestremdhede en was op soek na 'n organisasie wat my kon help sodat ek vir my dogter 'n gehalte lewe kon gee. Dis hoe ek op Side by Side afgekom het.”
Die organisasie het met 24 kinders begin en vandag is 350 in die databasis geregistreer met tussen ses en agt kinders wat maandeliks aansluit. Side by Side het tans 12 werkers in diens.
“Van die 350 kinders is 79 by ons rehabilitasieprogram ingeskryf, wat beteken hulle kom daagliks na die sentrum hier in Goreangab en sien elke uur 'n ander terapeut. Die verskillende terapeute werk met die ma en die kind.”
Elke kind het sy eie individuele opleidingsplan (IEP) wat spesifiek vir hom of haar uitgewerk is.
“Al is daar twee kinders met dieselfde gestremdheid is daar 'n groot verskil. Die erns van die gestremdheid, die graad, hoeveel beweging 'n kind het, dit verskil van kind tot kind. Ons evalueer elke kind op sy eie en werk 'n program uit spesifiek vir die kind en sy behoeftes. Die terapeute stel doelwitte en saam met die mamma werk hulle om dié doelwitte te bereik.”
Van die kinders wat al 'n paar jaar deel van die program is, is saam in groepe opgedeel. Die terapeut sit voor die ma's en werk op 'n pop of modelkind terwyl die ma's met hul kinders werk. Dit word gedoen sodat die vroue bemagtig word om by hul huis verder en op hul eie met hul kinders te kan werk.
“Ek is nie verseker daarvan dat ek dieselfde hoeveelheid geld wat ek verlede jaar ingesamel het weer dié jaar of volgende jaar tot my beskikking het nie. Ek moet seker maak die geld wat ek nou aan onder meer opleiding en evaluering bestee, is volhoubaar en prakties.
“Ek moet seker wees die 79 ouers en kinders in ons program kan op hul eie aangaan, anders is ek besig om almal se geld te mors. Dis hoekom ons met gekwalifiseerde mense werk en hoekom die betrokkenheid en toewyding van die ouers baie belangrik is.”
Landswyd is daar baie sentrums, kinderhuise en mense wat na kinders met gestremdhede kyk en versorg. In baie gevalle is dit egter vroue met groot harte wat nie noodwendig die nodige opleiding en span het nie.
“Ons is besig om aan 'n bloudruk vir Namibië te werk. Ons sê om met kinders met gestremdhede te werk, hulle op te lei en lewensgehalte te gee, is baie duur.
“Ja, dit vat ontsettend baie tyd, maar wanneer ons die bloudruk het, is dit finansieel volhoubaar. Ons is 'n klein span wat probeer bewys 'n multidissiplinêre span werk en dit is presies wat ons kinders in die gemeenskap oraloor die land nodig het.”
STORIES
Baie kere bring ouers hul kinders eers in 'n baie laat stadium na Side By Side vir evaluering en hulp.
Volgens Huipie kon die kinders met vroeë hulp en ingryping 'n veel meer positiewe en vol lewe lei.
“'n Mamma het haar 14-jarige dogter gebring wat ernstige skoliose gehad het.
“Die meisie kan loop, maar weens die skoliose word sy vinnig moeg. Ek het met haar 'n gesprek gevoer soos ek dit met enige ander 14-jarige meisie sou gedoen het. Ek moes wel deur 'n vertaler praat omdat sy die gesprek in haar moedertaal gedoen het. Sy ken geen ander taal nie en sy was nog nooit in 'n skool of daaraan blootgestel nie.”
Volgens Huipie is daar geen rede hoekom die kind nie in die skool kan wees nie. Sy sal dalk 'n rolstoel benodig om by die skool rond te beweeg en nie te moeg te raak om in die klas te kan konsentreer nie; maar dis al.
“Niemand het haar die kans gegun om skool toe te gaan nie en Side by Side sal nou kyk waar ons haar in die skool kan kry en hoe ons kan help. Sy verdien om matriek te skryf – al is sy 30, dit maak nie saak nie, sy is geregtig op onderrig en die moontlikheid om 'n onafhanklike lewe te lei. Sy verdien 'n kans en terwyl ons oor die skool en die moontlikheid daarvan gepraat het, het sy die heeltyd haar kop geknik, geglimlag en was sy opgewonde oor die geleentheid.”
'n Ouma wat 'n 14-jarige kleinkind het wat nie kan praat nie, het Huipie na haar huis genooi.
“Die kind sit op die stoep en kan my verstaan. Sy knik haar kop of skud haar kop wanneer ek met haar praat, maar sy het wel serebrale verlamming en kan dus nie praat of loop nie. Die ouma hou vol sy kan net nie praat nie, en dat sy nie gestremd is nie.
“Nadat ek vir haar verduidelik het dat sy alles kan verstaan, het ek vir die ouma gevra hoekom sy nie skool toe gaan nie?”
Die meisie was in 'n skool, maar omdat sy nie self die toilet kan gebruik nie, moes sy die skool verlaat. Volgens haar ouma laat weet sy wel gedurende die dag wanneer sy toilet toe wil gaan, maar nie in die nag nie.
“Dis omdat sy nie weet hoe om in die nag met haar ouma te kommunikeer nie. Ek het vir haar ouma gesê ons gaan 'n prent met 'n toilet op en die woord langsaan gebruik om haar te leer kommunikeer. Dus wanneer haar ouma in die dorp met haar is en sy die woord toilet sien, dan weet sy wat dit beteken en so word haar woordeskat verbreed.
“Dit kan 'n mens met so baie items doen; 'n glas water vir dors of 'n bord kos vir honger. Die meisie het op die stoep gesit en hande klap want sy het alles verstaan en besef sy en haar ouma kan leer om te kommunikeer.”
TOEKOMS
Een van die land se grootste tekortkominge rakende mense met gestremdhede in geheel, is dat hulle baie min geleenthede het om werk te kry.
“Kinders kan skoolgaan tot hulle 18 jaar oud is en dan moet hulle die skool verlaat en dan wat? Daar is 'n paar besighede wat mense met gestremdhede 'n werk sal gee, maar dit is nie genoeg nie. Daar is ook plekke waar hulle opleiding kan ontvang, maar weer eens is dit te min.
“Side by Side se droom is om 'n pakhuis te huur en die mense 'n werk te gee; soos die destydse Ehafo. Hulle het skoolbanke herstel, blomme geplant en verkoop, mandjies gevleg en allerhande dinge gedoen om werk te skep en die mense waardigheid te gee. Ons kan byvoorbeeld plastiekmesse, -vurke, -lepels, sout en peper in plastieksakke sit en dit verkoop aan lugrederye, toeroperateurs en maatskappye wat geleenthede reël.
“Ek weet nie hoekom ons so bang is om die mense werk te gee. Dink net hoe waardig hulle gaan voel wanneer hulle hulle eerste salaris ontvang en waardigheid is tog iets wat ons almal wil voel. Hulle kan hulle eie salaris verdien en hoef nie hulle hele lewe afhanklik van hulle ouers of ander mense wees nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie