'Siek kinders skool toe gestuur'
'Siek kinders skool toe gestuur'

'Siek kinders skool toe gestuur'

Skoolgemeenskappe en die publiek is versoek om kalm te bly en saam te werk om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Leerlinge wat nie met maskers skool toe gestuur word nie, ouers wat kinders wat positief vir Covid-19 getoets het steeds skool toe stuur en die gereelde gebruik van seep en water wat nie afgedwing word nie, is van die stokke in die wiel om die pandemie suksesvol in skole te bestuur.
Sedert skole in Mei vir die tweede termyn heropen het, het 165 onderwysers en 527 leerlinge positief vir Covid-19 getoets.
Intussen het die siekte ook die lewe van ’n 14-jarige leerling van die Hoërskool Hage Geingob geëis wat onderliggende toestande gehad het.
In Windhoek alleen moes agt skole en wat private skole insluit, die besluit neem om leerlinge eers huis toe te stuur.
Dit sluit die Windhoek Afrikaanse Privaatskool, St. George’s, Laerskool Emma Hoogenhout, Laerskool Suiderhof en Windhoek Hoërskool in.
By laasgenoemde is koshuisleerlinge nie huis toe gestuur nie, maar in die koshuis gemonitor.
Van die skole het teen vandag egter reeds weer geopen.
Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het die ministerie verskeie verslae van skole ontvang oor Covid-19-protokol wat gevolg word, al dan nie. ’n Span bestaande uit onder meer epidemioloë en verteenwoordigers het vanaf 18 April tot 29 April 31 skole in nege streke oraloor die land besoek en wat Khomas, Kunene en Hardap insluit.
Volgens Steenkamp is onderhoude met 1 800 leerlinge gevoer. Van die bevindinge was dat onderwysers ’n “goeie beheer” oor die situasie het en onder meer sorg vir “maskerpouses” waar leerlinge vir ’n wyle hul maskers kan afhaal. Klaskamers is ook oor die algemeen goed geventileer.
Met verwysing na leerlinge is egter bevind die oomblik wat hulle op die speelgrond is of huis toe stap, hulle hul maskers afhaal of nie reg dra nie. Nog ’n bevinding was dat sommige skole wel water en vloeibare seep het, maar nie die gebruik daarvan afdwing nie.
Steenkamp het ook verwys na ouers wat nie verantwoordelikheid neem nie en siek kinders skool toe stuur.
“Ons het een geval gehad waar drie kinders uit ’n huishouding wat almal positief getoets het, skool toe gestuur is.”
Leerlinge word ook sonder ’n masker by die skool afgelaai of skool toe gestuur. Steenkamp sê om skole sonder meer te sluit, is nie die oplossing nie en die “ministerie van gesondheid stem saam”.

Die bevindinge van die ter plaatse ondersoek by skole is met direkteure van onderwys in die streke gedeel.
Sy het erken daar is skole wat nie die regulasies gereeld nakom nie. Steenkamp en haar span het gister ’n vergadering met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gehad om meer duidelikheid oor onder meer die opspoor van kontakte te verkry.
“Ons moet duidelik weet wanneer is iemand ’n kontak en wanneer moet hy of sy afgesonder word. As dit net twee kinders in ’n klas is, kan ons net die klas toemaak en dié leerlinge huis toe stuur en hoef ons nie die hele skool te sluit nie,” het sy verduidelik.
Die ministerie het ook ’n duidelike kommunikasiestrategie om die boodskap by onderwysers en leerlinge tuis te bring en wat onder meer video’s en gedrukte materiaal op ’n gereelde basis deel om “voortdurend die toepassing van die regulasies af te dwing”.
Steenkamp het die versekering gegee dat die ministerie ”onverpoos en in konsultasie met die gesondheidsministerie”, die Namibiese Nasionale Onderwyersunie (Nantu) en alle relevante instellings werk om die situasie te monitor en die veiligheid van ons leerlinge, onderwysers en die skoolgemeenskap te verseker.
“Ons wil weer eens die belangrikheid van skole beklemtoon. Vir ons om te verseker dat onderrig en leer voortgaan, moet streng Covid- 19-protokols afgedwing word en dit sluit die regte en voortgesette dra van maskers, sosiale afstand en gereelde handewas in”.
Steenkamp het beklemtoon die ministerie is in “voortgesette konsultasie met ons rolspelers” om enige struikelblokke te bestuur.
“Ons wil die publiek verseker dat ons meganismes versterk en werk met geskikte modaliteite vir ondersteuning van skole in hierdie uitdagende tye. Skoolgemeenskappe en die publiek word versoek om kalm te bly en saam te werk om die verspreiding van Covid hok te slaan.”
[email protected]


FOTO TER ILLUSTRASIE, ARGIEF

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!