Siek man vry op borgtog
Siek man vry op borgtog

Siek man vry op borgtog

Augetto Graig
Augetto Graig – Mnr. Nathaniel Kennedy (43) wat Maandagoggend by sy huis in Windhoek weens klagte van bedrog, diefstal en korrupsie in hegtenis geneem is, is gister op borgtog vrygelaat.

Ten tyde van die arrestasie was hy in self-isolasie weens blootstelling aan Covid-19 en vermoedelike Covid-simptome. Hy het een nag in die aanhoudingselle van Windhoek sentrale polisiekantoor deurgebring, waar hy van die res van die sowat 120 aangehoudenes afgesonder was.

Volgens sy prokureur, mnr. Garth Joseph van Neves Legal Practitioners, het die polisiebeamptes wat by die landdroshof gestasioneer is, glo geweier om hom hof toe te neem.

Joseph sê hy kon die regter oortuig om Kennedy op borgtog van N$4 000 vry te laat, op voorwaarde dat Kennedy weer op 22 Julie in die landdroshof in Windhoek verskyn.

[email protected]


FOTO
Die prokureur mnr. Grant Joseph van Neves Legal Practitioners is bly sy siek kliënt is nie meer in die aanhoudingselle nie. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!