Siek van verlange
Siek van verlange

Siek van verlange

Dani Booysen
Jacoline van der Merwe van Rundu skryf:

Ek het 'n storie aangaande my verlore hond soos ek op die 30ste Januarie 2017 in Republikein geadverteer het.

'n Man wat homself as ene Reinhardt van Kamanjab se plotte voorgestel het oor die selfoon, het ons dieselfde aand van die advertensie gebel. Hy het gesê hy bel i.v.m. die advertensie oor die foxterriër en dat sy vrou hom gesê het hy moes lankal kontak probeer maak het en dat hy kan sien die hond kom uit 'n goeie huis en is goed versorg.

Hy het gesê sy kinders was met verlof op Grootfontein in begin November. Dit was dieselfde tyd as wat my foxterriër met die naam Tika in Grootfontein verlore geraak het en dat sy kinders die foxterriër by twee seuns gekoop het vir N$250. Die kinders het toe die foxterriër vir hulle ouers gegee.

Ons was so oorweldig deur die nuus en bewoë en het gesê ons sal môreoggend aanstaltes maak om haar te gaan haal, want dit was net na sewe in die aand en ons bly in Rundu.

Mnr. Reinhardt het ook gesê sy selfoon het nie die fasiliteite om vir ons 'n foto van die foxterriër te stuur nie, waarop ons hom gevra het om net te kyk of sy 'n operasiemerkie onder haar magie het. Hy het gesê hy sal terugkom na ons toe.

Hy het dieselfde aand laat weet sy het wel 'n operasiemerk en ons het hom meegedeel dat ons die volgende dag weer met hom sal kontak maak. Dinsdagoggend vroeg het ons weer kontak gemaak en hom laat weet ons het vriende in Kamanjab en as hy net presies kan sê waar hy bly, dan kan die mense vir ons gaan kyk of dit wel my hondjie is.

Hy het net gesê ons moet hulle nommer vir hom stuur, dan kan hy self aan hulle verduidelik waar hy bly. Minute daarna het ons hom weer gekontak om seker te maak of hy die kontaknommers ontvang het, maar sy selfoon was net beskikbaar vir 'n boodskap.

Ons vriende in Kamanjab het die polisie genader en hulle gevra of hulle so 'n persoon ken op die plotte. Hul antwoord was hulle ken nie so 'n persoon nie en daar is nie plotte op die dorp nie.

Ons het elke dag boodskappe gelos en SMS's gestuur, maar hy het glad nie daarop reageer nie. So twee maande terug as jy die nommer skakel, dan sê dit net die nommer bestaan nie meer nie.

Graag wil ek vra of iemand dalk hierdie nommer, 081 618 7384, erken of weet wie die eienaar van die selfoon is en of die persoon my foxterriërtjie het. Ek sal dit ook waardeer as iemand weet van 'n foxterriërtjie wat om en by in November 2016 opgetel is of gekry is. Ek sal so dankbaar wees as ek net my hondjie kan terug kry.

Sy is 'n kind van ons, nie 'n hond nie, en die eensaamheid raak te veel. Ek is siek van verlange.

My selfoonnommer is 081 128 1378 as iemand enige inligting kan verskaf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!