Siekte vat diep hap uit fietsgemeenskap
Hella Rust was 'n pionier en 'n onbetwiste legende van die land se fietsrysport.
Andrew Poolman – Niemand met kennis van Namibiese fietsry het enige twyfel oor die leemte wat Hella Rust se afsterwe eergister agterlaat nie, al was sy nooit een vir die kollig of die hoofopskrifte nie.
Al die internasionale sukses en welslae wat Namibiese fietsryers oor die afgelope jare bereik het, sou veel meer beskeie daar uitgesien het sonder die onvermoeide, jarelange insette agter die skerms deur pioniers soos Hella Rust.
Die 61-jarige Rust (gebore 16 November 1960), wat ewe diep spore laat as 'n biologie-onderwyseres by St. George's (en voor dit Delta Sekondêre Skool en Concordia), is Dinsdagoggend oorlede nadat sy die afgelope jare behandeling teen 'n breingewas ontvang het.
Vera Adrian (nou Looser), negemalige nasionale padfietskampioen en tweemalige Olimpiese ryer, sê Rust het 'n onmisbare rol in haar loopbaan gespeel.
“Hella was my afrigter vir die eerste tien jaar van my fietsryloopbaan vandat ek nege was. Dis nou as jy daai begindae kan tel, want dit was maar meestal pretbyeenkomste.
“Twee keer 'n week by DSSW met 'n klomp kinders ... sy was altyd daar. Sy was daar om te gee en het niks terug verwag nie. Altyd regverdig; altyd streng. So 'n sterk vrou. Sy het nie 'n maklike lewe sonder terugslae gehad nie, maar tussen ons was sy altyd gelukkig en opgewek. Niks was te veel moeite nie, of dit nou massering of ure langs die pad tydens oefensessies was.
“Ons het soveel ondervindings saam met Hella gehad. Sy was saam op sy eerste Statebondjeugspele in Isle of Man (2011) en my eerste junior wêreldkampioenskap in Italië, asook verskeie toere na Suid-Afrika voor dit.
“Ek dink inderdaad nie ek sou eens in fietsry volhard het as dit nie vir haar was nie. Sy het altyd daarin geslaag om fietsry pret vir ons as kinders te maak. Sy het ons altyd gemotiveer; ek dink dis die heel belangrikste deel.
“Sport in die algemeen moet pret wees; sy het dit reggekry om dit by ons tuis te bring.”
AMBASSADEUR, VRYWILLIGER
Frank Snyman, eertydse visepresident van die Namibiese Fietsryfederasie (NCF), onthou: “Hella was 'n ambassadeur vir fietsry sedert die 1990's toe daar nog skaars 30 kompeterende ryers by 'n byeenkoms was.
“Sy het belangrike werk in daardie vormingsjare gedoen as lid van verskeie komitees. Sy het ook opleiding van die UCI (die sport se wêreldbeheerliggaam) as beampte en afrigter voltooi en kon dus met gesag praat oor standaarde en regulasies wat tydens amptelike resiese gevolg moet word.
“Sy en die ander pioniers het die grondslag gelê vir waar ons nou is ... genoeg mense wat kan inskuif om posisies te vul. In die algemeen was sy boonop 'n aangename mens wat met graagte betrokke gebly het.”
Hans du Toit, Namibië se fietsry-afrigter, was een van die eerstes met sy huldeblyk op sosiale media: “Dis met groot hartseer dat ek (Dinsdag)oggend gehoor het dat Hella oorlede is. Ek doen selde plasings, maar hierdie dame was in Namibië die moederfiguur vir die sport waarvoor ek lief is.
“Jy het dit op jou manier gedoen. Jy het geïnspireer. Jy het opgeoffer. Jy het 'n helpende hand uitgesteek.
“Rus in vrede is nie woorde wat by jou pas nie. Ons sal ons bes doen om jou nalatenskap in Namibiese fietsry vorentoe te dryf. So jonk; ek is waarlik hartseer. Maar ek sal probeer om die hartseer te vul met die inspirasie wat jy ons almal gebied het.”
“Sy het 'n hand gehad in die ontwikkeling van al Namibië se huidige sterre in die sport. Sy is 'n absolute legende in ons land se fietsry. Sy het die sport in die wyer gemeenskap toeganklik gemaak met die BMX-ontwikkelingsprogram in die noorde, asook die FNB Skoleliga en op verskeie ander vlakke.
“Sy was nooit daarop ingestel om geld uit die sport te maak nie, maar het dit vir die liefde van die saak gedoen.”
Axel Theissen, huidige president van die NCF, sê: “Die nuus het 'n skokgolf deur die fietsrygemeenskap veroorsaak. Ons het geweet sy het kanker, maar sy was steeds tot die einde aktief en ons het nooit verwag die einde sou so skielik kom nie.
“Sy was wel nie meer in die huidige NCF-bestuurskomitee nie, maar was nog altyd ewe direk betrokke. Sy het nog vir Desember se Nedbank Desert Dash die viermanspan van RMB Elite afgerig. 'n Klomp mense haal hul hoed af vir die werk wat sy verrig het.”
Theissen se voorganger, Rolf Adrian, sê Rust het altyd 'n strategiese visie vir die groot prentjie gehad.
“Vrywillige werk was haar hele lewe.Om kinders gelukkig te sien, was vir haar beloning genoeg.
“Toe sy op die bestuur van Windhoek Pedal Power uitgetree het, het sy die klub in 'n uitstekende posisie gelaat, met 'n vraghouer en tien fietse as klubeiendom waarop kinders kon ry. Sy het die klub se ontwikkelingsfonds gestig wat vandag nog bestaan om ryers onder 23 by te staan.”
'n Gedenkdiens vir Rust word môreoggend halfagt by St. George's-skool gehou. Rust, 'n weduwee, laat twee seuns na, Günther en Jens.
– [email protected]
FOTO
Hella Rust as spanbeampte saam met ’n jong Till Drobisch, Vera Adrian en die swemmer Christine Briedenhann by die Statebondjeugspele in Isle of Man, September 2011. Foto Vera Adrian

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie