Siele op wiele
Siele op wiele

Siele op wiele

Dani Booysen
DIRK VAN ZYL SKRYF:

As jy op rolskaatse ry, of met ’n trein, dan is jy ’n siel op wiele.

Vandag heilig ek die siele op wiele wat swaarvoertuie bestuur. Ek sonder hulle uit, want hulle is so dikwels “the talk of the town”.

Die meerderheid mense is onkundig aangaande hierdie aangeleentheid. Al bestuur ons nie die groot trokke nie, is ons tog nie blind of onsimpatiek nie. “Niemand is so blind soos een wat nie wil sien nie, of so doof soos dié wat nie wil hoor nie.”

Die trokdrywers op ons paaie is mense net soos ons, met tekortkomings soos ons. Hulle is ons familie en vriende. Dis hulle werk, en dis ’n noodsaaklike werk onder omstandighede wat nie so aangenaam is soos ons dalk dink nie. Van hulle is ook ’n ega, of ’n ouer van kinders, en wil ook graag meer by hulle familie wees.

Hulle is trots op hulle werk, want dis ’n groot verantwoordelikheid wat hulle moet hanteer. Elkeen in ons land is afhanklik van hulle, of ons dit wil weet of nie, want hulle besorg noodsaaklikhede aan ons.

As hulle in die dag op die paaie is, word padwoede deel van ons gesindheid, en sommige van ons gebruik onwelvoeglike taal. Ons moet die wette gehoorsaam, hulle ook.

Hulle mag net die voorgeskrewe spoed handhaaf. Hulle is net so haastig soos ons, maar as hulle die spoedperk oorskry, dan gooi ons klippe. Ry hulle die voorgeskrewe spoed, dan gooi ons ook klippe.

Hulle is net so geregtig op die pad soos ons. Hulle blokkeer nie die verkeer doelbewus nie; dis die spoed waarteen hulle moet ry wat vir ons onaanvaarbaar is. Hulle kan nie vinnig stop nie, nie vinnig swenk nie, en die vrag vertraag die spoed teen opdraandes.

Ons kla oor die skerp ligte. Dis waar, daar is van hulle wat nie die vragmotor se ligte kontroleer soos dit moet nie, maar wat doen ons? Sodra die ligte ons verblind, dan is ons kwaad en ry ook met skerp ligte en met die gedagte: “Net môre bring ek nog vier addisionele ligte aan my voertuig aan, en lig daai vark van die pad af.”

Dis ’n dom redenasie. Jy verblind hulle en hulle ry jou van die pad af.

Almal van hulle is nie so nie, en nie een van hulle wil in ’n ongeluk betrokke wees nie.

Daar is diere op die pad. As dit jou gewoonte is, vloek die boere of die regering, want die diere behoort aan hulle. As die gevloek sal help, maar dit het nog nooit gehelp nie.

Party van hulle ry soms oor die middelstreep met daardie voertuig wat byna so breed is soos die baan waarin dit ry. Ons met ons smal voertuie doen dieselfde, maar dan is dit goed in ons oë.

Hulle het nie soos ons altyd plek om te oornag nie. Stop hulle buite die dorpe of stede, word hulle aangerand of besteel. Slaap hulle in die dorp of stad, dan kla ons weer daaroor.

Hulle is vir baie, baie ure alleen met hulle gedagtes, en is byna nooit by hulle huise nie. Baie ure is hulle genoodsaak om op die pad te wees, want die vrag moet besorg word en tyd is altyd ’n faktor. By doeane staan hulle soms vir dae, maar as ek daar opdaag is ek kwaad omdat ek vir hulle moet wag, en raas weer omdat daar nie vir hulle ’n ander kantoor is nie. Dalk is my vertraging nie eens ’n uur lank nie.

Hulle is ons medemens, en al wat hulle van ons kry, is ’n suur gesig en ’skelwoorde. Tog hou ons nie daarvan as ander so teenoor ons optree nie. Ons sal hulle eerder in en deur die media beswadder.

'n Ou gesegde lui: “As hy ’n hoed op sy kop het, is hy onderdak." As hy in sy trok is, is hy by sy huis.

Hulle sien soms hul kinders so min, lui 'n grappie, dat as hulle by die huis kom die kinders sê: “Ma, hier kom daai oom wat die geld bring.” Of: "Hier is die oom wat net kom bad, eet, bietjie slaap, skoon klere vat en loop."

Van hulle vervoer dwelms, maar beslis nie almal nie, want hulle weet nie wat in daardie verseëlde houers is nie. Ons skeer hulle oor dieselfde kam, en dis onregverdig.

Hulle trap ons paaie stukkend? Waar anders moet hulle ry? Lisensies, permitte en ander uitgawes kos baie geld en dis per slot van sake ons goedere wat hulle vervoer.

Van hulle is oortreders, maar laat ons eers onsself ondersoek voordat ons kritiseer of oordeel. As ons ons gesindheid verander, sal hulle ook verander.

Wees vriendelik, groet eerste. Hulle is ook ambassadeurs van ons land, en ons moet ook ambassadeurs wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!