Sielkundige verslae oor Rittmann versoek
Die hof het beveel die weduwee, wat van die moord op haar man beskuldig word, moet sielkundige evaluering ondergaan.
Jacqueline Louw – Regter Christie Liebenberg het gister in die hoërhof in Windhoek beveel dat verslae deur twee psigiaters verkry moet word oor me. Rachel Rittmann se geskiktheid om verhoor te word.
Dié bevel volg op ’n aansoek in terme van artikel 77 van die strafproseswet wat deur Rittmann se regsverteenwoordiger, mnr. Hipura Ujaha, ingedien is nadat dit aan die lig gekom het dat sy aan angsaanvalle en depressie ly en moontlik nie geskik is om verhoor te word nie.
Rittmann se huisdokter, dr. Heinrich Smit, het gister getuig dat hy haar al 10 jaar vir angs en depressie behandel. Volgens hom sal sy nie in staat wees om die strekking van die verhoor te volg indien sy nie behoorlike behandeling ontvang nie.
Ná die aanhoor van betoë deur Ujaha en die staatsaanklaer, mnr. Marthino Olivier, het die regter bevind dat verdere ondersoek na Rittmann se geestestoestand nodig is en dat verslae van twee psigiaters verkry moet word.
Hy het ook beveel dat een van die psigiaters nie in diens van die staat moet wees nie.
Rittmann en Du Preez staan tereg op klagte van moord, sameswering met die doel om moord te pleeg, dwarsboming van die gereg en roof met verswarende omstandighede.
Die staat voer aan dat die twee, wat na bewering in 'n buite-egtelike verhouding betrokke was, Rittmann se man, mnr. Rudolph Rittmann (34), op 23 Augustus 2013 in Gobabis met 'n mes doodgesteek het en hom van sy selfoon, beursie met bankkaarte en sy Isuzu-bakkie beroof het.
Die motief vir die moord was vermoedelik dat Rittmann verwag het om 'n erfporsie van haar man te kry.
Die klag van dwarsboming van die gereg spruit daaruit dat die beskuldigdes Rudolph se liggaam na bewering in sy eie motor gelaai het en na ’n area oos van Windhoek naby Kapps Farm geneem het waar die motor uitgebrand gevind is.
Regter Liebenberg het die saak tot 26 Julie uitgestel. Intussen bly beide beskuldigdes in aanhouding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie