Siembamba, Mamma se kindjie . . .
Die wêreld se kinders, veral die armstes en mees weerloses, het verlede jaar geweldige uitdagings ervaar.
Die jaar 2016 was een van die gevaarlikste in onlangse geskiedenis om 'n kind te wees. Miljoene kinders is deur krisisse dwarsoor die wêreld bedreig en ontwortel. Armoede, ontbering, geweld, uitbuiting en diskriminasie was en is steeds vir miljoene kinders deel van hul daaglikse bestaan.
Konflik, ontworteling en natuurrampe het in 2016 veroorsaak dat meer as 125 miljoen mense humanitêre hulp nodig gehad het. Die Zika-virus het die welstand van vroue en kinders in 75 lande bedreig, terwyl die El Niño-weersiklus droogtetoestande in dosyne lande vererger het - lande wat reeds deur hoë vlakke van wanvoeding en voedselonsekerheid geteister is.
Gewapende konflik het voortgeduur in Irak, Suid-Soedan, die Siriese Arabiese Republiek en elders, terwyl die globale migrasiekrisis afmetings aangeneem het wat nog nie sedert die Tweede Wêreldoorlog gesien is nie.
Vooruitgang en ongelykhede
Belangrike vooruitgang is egter ook vir die wêreld se kinders gemaak. Die aantal kinders wat voor hul vyfde verjaardag sterf, het van 12,7 miljoen in 1990 na 5,9 miljoen in 2015 gedaal.
Die persentasie ondervoede kinders het sedert 1990 met bykans die helfte afgeneem, terwyl die inskrywingskoers vir primêre skool in lae- en middelinkomstelande in 2015 meer as 90% bereik het.
Geslagsongelykheid in primêre onderrig het ook verminder, terwyl die aantal nuwe MIV-infekterings onder kinders onder 14 jaar sedert 2010 met meer as die helfte afgeneem het.
Tog is daar steeds reuse-ongelykhede. Kinders in Afrika suid van die Sahara is 12 keer meer geneig daartoe om voor hul vyfde verjaardag te sterf as kinders in hoë-inkomste lande. Selfs binne lande is daar steeds skreiende ongelykhede, met kinders uit die armste huishoudings wat twee keer meer geneig is om vertraagde groei te ervaar en veel minder geneig is om hul skoolloopbane te voltooi.
In die meeste lande is ongelykheid hoër as wat dit 'n geslag gelede was. Dit sluit middelinkomstelande in waar 'n meerderheid van die wêreld se armste kinders tans leef.
Terselfdertyd leef sowat 535 miljoen kinders in lande wat deur konflik, natuurrampe, epidemies en ander rampe geraak word.
Wêreldwyd is 50 miljoen kinders ontwortel. Dit sluit 28 miljoen kinders in wat deur geweld en konflik uit hul huise gedryf is. Hul opvoeding word bedreig, hul toekoms is in die weegskaal en baie se kinderjare is van hulle ontneem. Vandag staar miljoene meer geweld, uitbuiting en seksuele geweld in die gesig, met natuurlike rampe en die impak van klimaatverandering wat wêreldwyd gevoel word.
Unicef en sy vennote moes verlede jaar by 344 situasies ingryp wat kinders in 108 lande geraak het - die grootste aantal noodreaksies sedert 2005.
Ingrypings het gewissel van die onmiddellike en noodsaaklike – die verskaffing van veilige water, voeding en inenting teen siektes – tot langtermynhulp om ontwortelde families te help herstel en om gemeenskappe weer op te bou.
Grootskaalse noodgevalle het voortgeduur in Irak, Nigerië, Suid-Soedan, die Siriese Arabiese Republiek en Jemen - iets wat Unicef se vermoë getoets het om noodsaaklike dienste te midde voortdurende onstabiliteit en konflik te lewer.
Terselftertyd moes daar gereageer word op 'n voortgesette globale migrasie- en vlugtelingkrisis wat miljoene kinders ontwortel het en aan die risiko van geweld en uitbuiting blootgestel het.
Die omvang van natuurlike rampe, soos die verwoestende aardbewing in Ecuador en orkaan Matthew, is ook dwarsdeur die jaar gevoel.
In die uitgerekte konflik in Sirië was ernstige oortredings teen kinders verlede jaar die hoogste wat al aangeteken is.
Honderde is in bomaanvalle dood, en sommige sterftes sou verhoed kon word as die land se mediese geriewe en medici nie totaal uitgedun was en aan aanvalle uitgelewer was nie.
Unicef het Turkye se regering gehelp om 'n nasionale kontantoordragprogram uit te brei wat tot voordeel van
230 000 Siriese en ander weerlose kinders is.
In Jordanië het die organisasie gehelp om nog 'n kontanttoelaeprogram te versterk, met 95% van die ontvangers wat daarna hul kinders kon versorg.
Konflik en onsekerheid
In Jemen was meer as die helfte van die sowat 18,8 miljoen mense wat deur die konflik en humanitêre krisis geraak is, kinders. 'n Beraamde 1,6 miljoen kinders is gedwing om hul huise te verlaat en meer as 2 miljoen kinders onder die ouderdom van vyf jaar is as ondervoed beskou. Uit laasgenoemde het 462 000 kinders aan akute ondervoeding gely.
Bykomend tot die las wat geplaas is op gesondheid-, water- en sanitasiestelsels wat ineengestort het, is Jemen ook deur 'n uitbreking van cholera getref.
Geweld en onsekerheid het in Irak toegeneem en 10 miljoen mense in die land is geraak.
Konflik het 85 000 mense in Fallujah en ten minste een miljoen mense in Mosoel buite bereik van humanitêre hulp geplaas.
Voedingsprogramme wat deur Unicef ondersteun word, kon sowat 219 000 Suid-Soedannese kinders bereik wat erg ondervoed was. Ook het bykans 314 000 kinders, waarvan 42% meisies is, voordeel getrek uit 'n Back to Learning-inisiatief om kinders se reg op onderrig ten spyte van die krisis te herstel.
Opkoms van die Zika-virus
Een van die dringendste internasionale gesondheidskwessies in 2016 was die opkoms van die Zika-virus in Latyns-Amerika.
In Februarie het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) dié virus, wat deur muskiete oorgedra word en ernstige afwykings soos mikrokefalie in ongebore babas veroorsaak, as 'n noodgeval in openbare gesondheid verklaar.
Volgens nuwe navorsing raak die Zika-virus ook kinders se sig, gehoor, en hul fisiese en intellektuele ontwikkeling.
Teen die einde van verlede jaar het 75 lande en gebiede dwarsoor die wêreld gevalle aangeteken waar die virus deur middel van muskiete oorgedra is.
Die meerderheid van dié gevalle is in Latyns-Amerika en op die Karibiese eilande aangeteken waar duisende kinders misvormd gebore is en dit met die Zika-virus geassosieer is.
Beskerming met basiese immunisering
Teen die einde van 2016 het 'n bestendige afname in die sterftekoers onder kinders sedert 2000 die lewens van 48 miljoen kinders gered wat nie hul vyfde verjaardag sou gevier het as die koers op dieselfde vlak gebly het nie. Verlede jaar is die minste kinders in die geskiedenis deur polio verlam, en die wilde poliovirus staan op die rand van uitwissing.
Sowat drie dosyn gevalle het in Afganistan, Nigerië en Pakistan voorgekom.
Ongelykheid en onveiligheid
Ten spyte van vooruitgang bestaan ongelykhede steeds. Tans is Asië en Afrika suid van die Sahara die areas met die hoogste sterftesyfer vir kinders onder die ouderdom van vyf jaar.
Die meeste van dié sterftes kom in Afrika suid van die Sahara voor. Die nuwe wêreldwye uitdaging is om stilgeboortes en ook sterftes in die eerste 28 dae van 'n baba se lewe te voorkom.
Byna die helfte van alle sterftes van kinders onder vyf jaar gebeur in die eerste maand van hul lewe - die mees weerlose tydperk.
Weerloosheid word ook met konflik en 'n tekort aan veiligheid verbind.
'n Kwart van die wêreld se kinders het in 2016 in oorlogsones of in rampgeteisterde lande met wydverspreide geweld gebly.
Dié faktore maak kinders uiters ontvanklik vir siektes, hongersnood, verskeie vorme van mishandeling en 'n ernstige gebrek aan toegang tot noodsaaklike dienste.
Kwaliteitonderrig vir almal
Weerlose kinders is baie bewus van die ongelykhede in die samelewing.
Hul ervaring daarvan wissel van die gebrek aan gereelde immuniserings tot daaglikse beledigings en sosiale uitsluiting.
In die klaskamer is dié ongelykhede duidelik sigbaar.
Meer as 12 miljoen kinders van primêre en laer-sekondêre ouderdom wêreldwyd en 'n beraamde 250 miljoen kinders is danksy 'n gebrek aan toegang tot kwaliteitonderrig nie in 'n klaskamer nie.
In Januarie het Unicef 'n ontleding vrygestel wat wys byna een uit elke vier kinders wat in konflikgebiede bly, gaan nie skool nie.
Sowat 109 miljoen kinders van primêre en laer-sekondêre skoolgaande ouderdomme in 22 lande kry geen onderrig nie.
Ontneem van basiese vaardighede en geletterdheid loop hulle die risiko om geen toekoms te hê nie.
Die jong gesig van die migrante- en vlugtelingkrisis
Soos die druk van geweld, uitbuiting en gewapende konflik in Afrika en die Midde-Ooste groei, groei die aantal mense wat grense oorsteek en die uitdaging om humanitêre hulp aan hulle te verleen.
Teen 2015 was byna 'n derde van alle kinders wat buite hul geboorteland woon, vlugtelinge.
Sowat 50 miljoen kinders – een uit 45 kinders wêreldwyd – is gedurig aan die beweeg en het nie maatskaplike stabiliteit, onderrigmoontlikhede en fisiese sekuriteit nie.
In lande waar hulle tydelik woon of lande van hul uiteindelike bestemming, ervaar hulle diskriminasie, armoede en sosiale stigmatisering.
Sowat 388 000 vlugtelinge en migrante het in 2016 in Europa aangekom. Baie het die Mediterreense see per boot oorgesteek.
Bykans die helfte van dié wat na Italië en Griekeland gevlug het, is vroue en kinders.
Sowat 92% van die kinders wat per boot in Italië aangekom het, was alleen of van hul familie geskei.
Aanlyn beskerming
'n Groeiende bron van kommer is die aanlyn misbruik en uitbuiting van kinders.
Deur middel van opnames, die versamel van inligting en inisiatiewe soos die Global Kids Online-vennootskap, is ondersoekers nou besig om te bepaal hoe die beraamde een miljard kinders en tieners wat die internet gebruik, hul digitale wêreld navigeer.
Volgens 'n globale meningspeiling in 2016, wat meer as 10 000 agtienjariges uit 25 lande betrek het, is bevind meer as 80% glo kinders kan aanlyn seksueel misbruik of gemanipuleer word.
*Bron: Unicef – For Every Child (Annual Report 2016)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie