Sien die lig
Lloyd Zandberg
Dit het om en by ‘n week gelede gebeur. Ek het dit nie verwag nie. My sig het heeletmal verander. Dit was asof ek ander oë gekry het. Weet jy wanneer jy iemand ontmoet en met die eerste kyk weet, sommer dadelik weet: Hier gaan baie gesels word. In die agterplaas van ‘n bekende gesig se huis in Windhoek het ek vir Olwen Evans raakgeloop.
Ek en Olwen was om verskeie redes op dieselfde tyd op dieselfde plek. Dit het seker iets met telepatie te doen gehad, maar die lekker rooiwyn vanuit die Kaapse vallei is wat die praatvloer oopgemaak het. Die feit dat ons al twee hou van foto’s neem was in daai stadium bysaak.
Olwen Evans sit baie kalm met ‘n glas rooiwyn en haar foon. Sy teug liggies. Ek sien haar storie aan haar sit. Sy staan op, druk haar sigaret dood en speel met een van die hondjies wat daar rondhardloop.
Ek het geweet sy is ‘n fotograaf, maar nie sommer net een met ‘n lekker kamera en ‘n lang lens nie. Sy is die senior soort. Ek praat van National Geopgraphic. Ja, jy het reg gelees, maar dit is nie al nie. Gooi ‘n mediese graad by haar biografie en jy kry dinamika. Hier is haar storie.
Olwen is ‘n gebore Suid-Afrikaner, maar woon al vir meer as twee dekades in die noorde van Nieu-Seeland.
“Nieu-Seeland is huis vir my, maar omdat ek so gereeld met my fotografiese projekte moet reis, is my huis waar my kamera is. Al vier my kinders woon ook in Nieu-Seeland, maar ons almal reis gereeld. Namibië is een van daai plekke wat my eenvoudig net mesmerise. Hierdie land beskik oor die beste, en ek was al op baie plekke en by baie fotografiegeleenthede.
“Toe ek op skool was, het ek gedink miskien moet ek goed wees in kuns, of met ‘n oog vir kuns gebore wees om dit te kan doen. En ek was nie kunstig nie, maar as dit by ‘n wetenskaprigting kom, kan jy dit leer. En toe val ek vir die wetenskappakket.”
Daarmee was Olwen vir ‘n derde van haar lewe ’n mediese dokter, hoewel haar passie vir fotografie en die kunste die hele bedryf in balans gehou het.
“Die bottom line is ons moet almal werk om brood op die tafel te sit. En hieroor moet ‘n mens seker maak dat wat jy ook al as beroep kies, jou pens sal volmaak. Tydens my jare as dokter was dit vir my baie lekker om daai finansiële stabiliteit te kon handhaaf, maar ek het later agtergekom dat dit jou nie noodwendig gelukkig kan maak nie.”
Hoewel sy haarself nie as kunstig beskou nie, was dit haar passie vir die kunste wat haar uiteindelik gedryf het om haar fotografie, wat in daai stadium ‘n stokperdjie was, verder te voer.
“Medies was nie genoeg nie. Ek wou meer uit die lewe hê. Ek het begin met onderwaterfotografie. Dit was fassinerend vir my. Die idee dat ‘n kamera onder die water foto’s kon neem, het my geboei. Toe ek ‘n klein dogterjie was, het ek altyd gewonder wat my pa in daai een kamer in ons huis gedoen het. Hy het dit sy donkerkamer genoem.
“Later het ek tot die slotsom gekom dat hy ook ‘n groot fotografie-entoesias is. In daai jare was alles nog film en ouskool. Jy moes jou eie foto’s ontwikkel en maar vir die beste hoop. In my tienerjare het my oog al hoe meer aanklank by fotografie gevind en ek het besluit: Eendag sal ek daardie deel van my moet verder vat.
“Ná skool het my pa soortvan gesê fotografie is nie eintlik ‘n werk nie en ek moet eerder iets akademies agter my naam kry. Ironies genoeg lyk dit of fotografie en die wetenskap nie iets in geneem het nie, maar die een kan nie sonder die ander nie. Ek het my mediese graad voltooi en later gespesialiseer. Ek was vir 22 jaar ‘n dokter. En toe eendag het ek besluit, oukei, dit is nou my tyd. Ek het in die water geklim en foto’s geneem. En dit was die begin”
Vir baie fotograwe was daar daai een oomblik of ding wat hulle laat besef dit is wat hulle wil doen. Olwen het baie redes gehad hoekom sy ‘n fotograaf wou wees, maar eendag het sy iewers gesit en dit het liggies gereën.
Dit is toe dat sy die waterdruppel op ‘n kaktusblaar waarneem en sien hoe die lig die weerkaatsing in die waterdruppel voortdurend verander.
“Lig is wat my insipireer. Die idee dat fotografie nie sonder lig kan bestaan nie is wat my aan die gang hou. Ek monitor konstant die lig en wat dit aan sekere onderwerpe doen. Dit is wonderlik om te dink dat alles in ‘n oogwink kan verander. Of dit nou ‘n wolk is wat voor die son inbeweeg, of selfs ‘n kers wat iemand se ooghoeke vang.
“Ek is mal daaroor om lig so te manipuleer en om van objekte skilderye te maak. Fine art-fotografie bly nou maar vir my ‘n hoogtepunt. Die soort foto’s wat jou laat oorborrel met emosie. Dít is waarna ek streef.”
Evans se drang na fotografie lê egter nie meer by onderwaterfotografie nie. Die afgelope paar jaar het haar benadering heeltemal verander toe sy haar talent na bewaring verskuif het. Sy is tans in Namibië vir nog ‘n projek waar sy deur middel van fotografie omgewingsbewaring ondersteun.
“Dit is ongelooflik om te dink dat een land, Namibië, so ontsaglik baie het om te bied. Dit is van die laaste plekke op aarde waar mense nog mense is. Diere is nog diere. Almal het altyd ‘n nederige, eerlike benadering tot die lewe.
“Elke keer as ek ‘n renoster of ‘n leeu afneem, raak ek baie gelukkig, omdat ek weet ek is dalk die laaste geslag wat hierdie diere in hul natuurlike habitat kan afneem. As ek hierdie foto’s vir mense in my eie land wys, val hul oë uit hul koppe. Hulle verstaan nie hoe dit werk nie. Die laaste paar jaar was ek by verskeie omgewingsbewaringprojekte betrokke.
“Dit is my plig as fotograaf en inwoner van hierdie planeet om my deel te doen. Ja, dit betaal my water en ligte, maar dit gaan baie verder as dit. Daar is ‘n dieper band. Dit is wonderlik om die krag van die regte of verkeerde foto te sien.”
Mense speel ‘n groot rol in Olwen se lewe. Sy sê mense motiveer haar om beter foto’s te neem. Haar ontmoetings met verskeie mense in die wêreld is indrukwekkend en die foto’s spreek boekdele.
“Jy moet verstaan wat jy afneem. Jy moet dit wees. Jy moet een van hulle raak. Anders neem jy net ‘n mooi foto. Wanneer neem jy ‘n mens of ‘n oomblik af wat vir ewig onthou word? Net wanneer jy jouself in iemand se skoene kan plaas. Ek doen geweldig baie navorsing voor ek ‘n spesifieke mens, stam of groep afneem. Dit is ‘n beginselding vir my. En wanneer respek gehandhaaf word, is wanneer die persoon oopmaak en jy die eerlike foto neem. Ek slaap langs dieselfde vuur en eet met dieselfde hand.
“Ek raak een van hulle. Die Ovahimba mense van Namibië het my al verskeie goed oor myself en die lewe geleer wat geen skool of instansie kon nie. Hoe great is dit? Ek sê altyd, as ek foto’s van iemand neem, delete ek die eerste 45 foto’s, want hulle beteken niks nie. Dit is net beelde van my perspektief van die persoon. Dit is eintlik wanneer die kamera neergesit word dat die ware mens na vore kom. Daar is verskeie tegniese aspekte wat ek ook in ag neem, maar dit is nie die belangrikste nie. Dit help net met die afronding van die foto.”
Een van Evans se projekte waaraan sy tans werk, is ‘n reeks foto’s met die titel Guardians.
Die reeks foto’s bestaan uit portrette van die mense wat eintlik die grootste rol in die bewaring van ons omgewing speel.
“Ja, finanisiële inspuitings en geldsinsamelings is wonderlik, maar wie kyk na die renosters wanneer die son sak? Wie loop met ‘n notaboekie, ‘n sak lemoene en water vir dae, selfs jare, agter een wilde dier aan? Dit is hierdie mense wat die regte guardians van ons omgewing is. Ek is so opgewonde oor hierdie projek, want dit is waaroor dit vir my gaan. Die agter-die-skerms-oomblikke. Ek het reeds hiermee begin en behoort later vanjaar die projek ten volle op die been te hê. Foto’s lok eerlikheid en praat baie harder as enige geldelike bedrag. As mense nie weet hoe dit eintlik gaan en lyk nie, hoe gaan hulle die sitausie as belangrik en noodlottig beskou?
“Ek was een keer by ‘n fotografie-uitstalling in Amsterdam en die werk van die Amerikaanse fotograaf Alec Soth het die galery tjoepstil gehad. Party het gehuil, ander het gekreun en so twee het gelag.”
Ervaar sy ook dat haar foto’s verskillende emosies lok?
“Ek dink nou aan een spesifieke foto wat ek in die Skedelkuspark geneem het. Toe ek die foto neem, het ek geweet dit is eintlik ‘n hartseer oomblik, maar dit was iets wat almal moes sien. Ek was saam met ‘n groep ander toeriste op ‘n dagtoer en ons het oor ‘n heuweltjie gery en in die verte het ons ‘n maer, alleen gemsbok gesien.
“Agter hom was die dorre, harde woestyn. Daar was nie ‘n bossie, takkie of stok in sig nie. Niks. Nadat ek die foto geneem het, het ek besef ons kan so baie by hierdie diere leer. Dit is omdat ons mense is en aan verskillende materiële goed blootgestel word dat ons nie in harmonie kan leef nie. Hier staan hierdie gemsbok, met feitlik niks - net oorlewingsinstink. Dit was een van die lekkerste foto’s wat ek geneem het. Vandag nog praat mense oor daardie foto.”
Ná al die jare, ná al die foto’s, ná al die hartseer, ná al die oomblike moet daar iets wees wat sy daagliks wegneem en wat haar soggens laat opstaan.
“Die impak van my fotografie en wat dit vir mense beteken, kan ek eenvoudig nie in woorde omskryf nie. Gewone situasies wat op ongewone maniere vasgevang word - dít is die magic van my beroep. Ek maak altyd seker enige foto wat ek neem, word in sy eenvoudigheid afgeneem. Die binnekring van die voorwerp moet na vore kom. Die deel waaroor ons nie eintlik praat nie. En die idee dat ek met kuns ander mense se lewens kan verbeter of selfs verander, is my wekker soggens.”
As jong fotograaf was elke woord wat Olwen sê soos ‘n teelepel heuning in my ouma se rooibostee vir my. Suiker vir my siel. Ek het haar verstaan. Ek het gehoor wat sy sê en ek kon nie genoeg kry nie. As die tyd nie so aspris was nie, het ons seker nou nog gesels.
“Kry daai ding. Daai iets wat jou kielie. Soek dit. Jy gaan dit nie môre vind nie, maar as jy dit het, belowe ek jou, dan gaan jou fotografie meer trefkrag hê as wat jy gedink het. Ek het self het vir lank gewonder wat my nis is. Wat wou ek sê? Hoe sou ek dit reggekry? Dit het derduisende foto’s geneem, maar toe ek daai spesifieke een neem, het dit soos ‘n puzzle bymekaargekom. In die begin is dit baie moeilik. Ons almal het aftrekorders en rekeninge. Neem jou troues, skoolfunksies, corporate functions en dies meer af, maar moet nooit ophou soek na jou nis nie. Dalk is jou nis troues, en dit is perfek, maar dit is jou verantwoordelikheid om daai ding na te jaag. Ek het myne gekry. En nou kan ek nie daarsonder nie.”
Olwen vertel verder dat Ansel Adams, die oorlede wêreldberoemde fotograaf en filosoof, se woorde oor fotografie soos ‘n suikerbekkie elke oggend in haar oor neurie.
“There are always two people in every picture: the photographer and the viewer,” lees sy vir my.
“Gaan en neem die wêreld af,” sê Evans vir my toe sy die laaste lekkertes van die rooiwyn aflsuk
“Maar wys vir ons jou wêreld deur iemand anders s’n.”
En toe haal ek my kamera uit en vang ‘n stukkie van Evan se wêreld vas. Met my nuwe oë.
Facebook: olwenevens.photography
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie