'Sien NEEEF in lig van apartheid'
Staatshuis sê enige alternatiewe voorstelle vir die beplande Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtigingsraamwerk sal oorweeg word.
Estelle de Bruyn
Die Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtigingsraamwerk (NEEEF) moet volgens Staatshuis se perssekretaris, mnr. Albertus Aochamub, teen die agtergrond van die geskiedenis van sistemiese kolonialisme en die apartheidbewind gesien word, wat met opset minderbevoorregte dele van die samelewing op ekonomiese, maatskaplike en onderwysvlak ondermyn het.
Dit het volgens Staatshuis tot grootskaalse inkomste-ongelykheid gelei wat vandag nog, 27 jaar ná onafhanklikwording, voortgaan om “ongemak” onder baie burgers te veroorsaak.
“Daar heers spanning oor voortgesette inkomste-ongelykheid; skewe eienaarskap van produktiewe bates; lae vlakke van deelname aan die sakesektor deur voorheen benadeelde mense; ‘n gebrek aan sosioëkonomiese transformasie in tradisionele en kommunale gemeenskappe; ‘n hoë vlak van werkloosheid onder die jeug; voortgesette rassewanbalans in die bestuur en beheer van ondernemings in die private sektor; voortgesette ekonomiese uitsluiting van in die besonder vroue, die jeug en mense met gestremdhede wat volgens ras benadeel is, asook die stadige ontwikkeling van landelike gebiede wat nie aan die toeval oorgelaat kan word nie,” lui die verklaring.
Volgens Aochamub het pres. Hage Geingob by verskeie geleenthede daarop gewys dat NEEEF ontwerp is om gedeeltelik op hierdie nasionale probleem te reageer wat "elke Namibiër en al Namibië se vriende behoort te ondersteun en omarm".
Hy sê voorgesette, verdelende waninligting om beleggers af te skrik en Namibiërs teen mekaar af te speel, behoort nie geduld te word nie.
Dit volg nadat sommige media huise oënskynlik ná die president se staatsrede kommer oor die status van NEEEF uitgespreek het.
Van die klousules wat glo verwarring skep, handel oor die voorstel dat 25%-eienaarskap van ondernemings aan voorheen benadeeldes oorgedra moet word. Volgens Aochamub word die indruk geskep dat dit sonder vergoeding moet plaasvind. Dit dryf ‘n wig tussen swart en wit sake-eienaars in, sê hy.
“Dit is in die geheel onakkuraat en misleidend,” het hy bygevoeg.
Aochamub sê die wetsontwerp is nog in konsepvorm en sal opnuut aan die kabinet voorgelê word nadat onlangse beraadslagings en voorstelle van verskeie belanghebbendes ontvang is.
Die regering het wyd oor NEEEF beraadslaag en insette van verskeie belangegroepe sal volgens hom in die gewysigde konsepdokument vervat word.
‘n Inter-ministeriële komitee bestaande uit die kantoor van die eerste minister, die kommissie belas met regshervorming en ontwikkeling (LRDC); die kantoor van die arbeidskommissaris, die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, die kantoor van die president en die Nasionale Beplanningskommissie het die voorstelle oorweeg wat ontvang is. Hierna is die LRDC opdrag gegee om ‘n nuwe konsepdokument op te stel en aan die kantoor van die eerste minister voor te lê.
Volgens Aochamub is sommige van die hoogtepunte wat vir moontlike hersiening oorweeg is: Die verpligte afstand doen van 25%-eienaarskap; die belangrikheid van die ontwikkeling van vaardighede; die samestelling van die raad; die definisie van voorheen benadeelde persone asook kommer wat geopper is oor die definisie en omvang van ‘n private sektor-onderneming.
Al hierdie aspekte is in die lig van grondwetlike bepalings weer oorweeg.
As volgende stap sal die kantoor van die eerste minister gedurende Mei nuwe voorstelle aan die kabinet vir goedkeuring voorlê. Sodra die kabinet dit goedkeur, sal ‘n gewysigde konsepwetsontwerp aan die kabinetskomitee belas met wetgewing gegee word vir verdere geteikende konsultasies met belanghebbendes voordat dit aan die wetskrywers oorhandig word.
Sodra die wetskrywers tevrede is met die teks van die konsepwet, sal dit aan die prokureur-generaal en dan na die parlement vir oorweging gaan.
“Aangesien die wetsontwerp meestal baie tegnies van aard is in onder meer die bepalings wat handel oor die ontwikkeling van bemagtigingstandaarde en die meegaande rapportkaart, sal dit nog vele meer prosesse en besprekings vir verfyning vereis,” sê Aochamub.
“Die pad vir NEEEF om ‘n wet te word, sal afhang van hoe vinnig ons deur hierdie prosesse kan gaan. Die publiek kan egter gerus wees dat, gegewe die aard van inkomste-ongelykheid, die wetsontwerp daarop gemik is om wat die regering as ‘n prioriteit beskou die hoof te bied.
“Wat is die alternatief tot NEEEF? Dit kan seer sekerlik nie die behoud van die status quo wees nie. Die LRDC is gereed om verdere besonderhede oor die wetsontwerp aan alle Namibiërs of vriende van Namibië met die regte bedoelinge te gee of alternatiewe voorstelle te oorweeg,” sê Aochamub.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie