Sien om na mekaar diu00e9 feestyd
Sien om na mekaar diu00e9 feestyd

Sien om na mekaar dié feestyd

[email protected]
Sanet de Waal
Thusie Gamibes

Vriende, Kersfees is om die draai en om tiermelk te drink kan lewensgevaarlik wees.

Dit wil voorkom asof met tyd net sekere aanpassings gemaak is, veral as dit by die hantering van sensitiewe sake kom.

Intussen is mense opgelei om geregsdienaars te wees en hulle hou ’n ogie veral oor die feesdae. Hulle maak seker inwoners bly binne perke en is nie onder die invloed van alkohol nie.

Mense het altyd vir my gesê die geskiedenis herhaal homself, maar ek glo nou eers dat dit wel so is. Desember en Januarie se skuld en rekeninge kan maar wag.

Dit sal bietjies vir bietjies in die nuwe jaar afbetaal word. Januarie is die sondebok, die droogte maand. Dis gewoonlik die maand wanneer ons in Katutura gedurig teen die regering opstandig raak oor die betaling van skoolfonds

Die woord skoolfonds word ’n vloekwoord op almal se lippe. Sê maar enigiets negatief oor skoolfonds en jy sal ’n koor van mense hoor wat jou woorde sal beaam.

Die voorsiening vir skoolfonds word gewoonlik al vroeg in elke huishouding gemaak. Ek sal oudergewoonte wanneer ek bonus kry, dit eenkant sit. Dis nou voor Covid-19 sy opwagting gemaak het.

Die Krismus – soos dit bekend staan in elke Damara-Nama-sprekende se huis – is ’n tyd om te wys wie die beste Kersfees vir gaste kan aangebied.

Elke huishouding is reeds oudergewoonte in ’n wedloop om net die beste vir die komende Kersvieringe voor te sit.

Kersfees word aanvaar as ’n soort spesiale geskenk van bo en daar word nog maande later daaroor gepraat en gemurmureer.

’n Tipiese manier om Kersfees op ’n hoë noot af te sluit, is met Kersliedere

’n Wedywering ontstaan oor wie se basstem of stem die hardste hoorbaar is. Hierdie singery verloop nie sonder ’n stryery nie, want soms stry julle ook oor die gesang se woorde.

Met ’n goeie stem kan jy dalk ook nuwe liefde losslaan, dis nou as jy gelukkig is.

Soos die gesingery verdof weens swak organisasie, wat ook toegeskryf kan word aan te min eet- en drinkgoed, hou die gashere kajuitraad.

Dié kajuitraad gaan oor niks anders as skoolfonds nie en hoe maklik dit volgende jaar betaal gaan word.

Gewoonlik is dit die man wat die gesprek begin, met sy wederhelf wat ewe trots is op haar man se planne om die skoolfonds te betaal. Manlief gee jou ’n vinnige soentjie op jou wang net vir jou om jou laaste pennies uit jou sak te haal, terwyl jy hoor jy is só goeie vrou en hoe hy jou waardeer.

Die derde van elke Januarie begin die nagmerrie. Die huishuur, water- en kragrekening raak agterstallig en die kwessie van skoolfonds bly aan jou gewete knaag. Jou vriende is weg, dus is dit nie meer lekker om te sing nie en die kinders is honger.

Met die beplanning van die volgende Kersvieringe is die vorige Kersfees se gebeure vergete. Elke Kersfees is net ’n herhaling van die vorige een. Ons leer nie uit ons foute nie. Geseënde Kersfees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!