Sien wild op veldroete by Gobabis
Bergfietsry
Die Gobabis Fietsryklub bied môre die Gobabis Spar bergfietsresies aan. Die begin- en eindpunt is op Sandune Game Lodge.
Bergfietsentoesiaste kan solank hul lippe aflek vir ’n baie lekker roete. Die 30 km is op ’n baie gemaklike roete en rybaar vir die hele gesin. Die 80 km is meer uitdagend met enkelspoor, Jeep-spore en bruggies oor al die kampdrade.
Baie moeite is opnuut met die roete gedoen. Verlede jaar is baie positiewe terugvoer in verband met die genotvolle roete ontvang.
Vanjaar word die ryers beloon met ’n gedeelte deur die lodge se grond waarop verskeie wildspesies te sien sal wees.
Regstrasie vind vandag vanaf 17:30 by Sandune Game Lodge plaas en dan weer môre vanaf 07:00 tot 07:30.
Inskrywings sluit vandag om 17:00.
By registrasie kry elke ryer weer ’n geskenkpak.
Vanaand is daar ’n heerlike steakbraai-ete wat N$150 per persoon kos en môre sal daar genoeg te ete en te drinke wees, asook ’n lambraai.
Verblyf is nog op Sandune beskikbaar: Skakel Karla vir besprekings by 081 625 0257.
Resieskategorieë is uiteengesit soos deur die Namibiese Fietsryfederasie voorgeskryf.
Kontantpryse is vir die verskillende kategorieë vir die 80 km resies op die spel. In die ope klas is daar kontantpryse vir die eerste tot sesde plekke.
Só ’n geleentheid kan natuurlik nie sonder borge nie plaasvind.Waardering word teenoor die volgende borge uitgespreek: Gobabis Spar, BikeZone, Hunters, Hollard, MegaTech, Gobabis Toyota, BarOne, Coca-Cola, Automotive & Forklift Services CC, Stevie Pretorius, Taeuber & Corssen, Stampriet Market en Cadbury.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie