Sierra Leone stem nou op 31 Maart
Kiesers in Sierra Leone gaan Saterdag na die stembus om 'n nuwe president vir die land aan te wys.
Sierra Leone se verkiesingsliggaam het op die vooraand van Maandag se presidentsverkiesing dit tot Saterdag uitgestel. Dae van voorbereiding is weens 'n hofbevel verloor.
Die land se hoërhof het vroeër 'n interdik wat op Saterdag 24 Maart uitgereik is en die tweede verkiesingsronde tot verdere kennisgewing uitgestel het, opgehef. Die hof het weer 'n klagte van verkiesingsbedrog oorweeg wat deur 'n regsgeleerde verbonde aan die regerende All Peoples' Congress (APC) aanhangig gemaak is.
Die nasionale verkiesingskommissie sê meer tyd is nodig “vanweë logistieke vertragings voortspruitend uit die geregtelike bevel” en het 'n beroep op kiesers gedoen om hul stemme in 'n “atmosfeer van vrede” uit te bring.
Benewens die hoof geregtelike beswaar het die APC vroeër beweer die verkiesingskommissie werk met 'n ander kiesersregistrasielys om die uitslae te bepaal as die een wat amptelik gepubliseer is.
Die opposisieleier, Julius Maada Bio, van die Sierra Leone People's Party (SLPP) het 43,3 persent van die stemme in die eerste ronde van die verkiesing behaal met die kandidaat van die APC, Samura Kamara, wat 42,7 persent van die stemme op hom verenig het.
Sierra Leone se bloedige burgeroorlog is in 2002 beëindig en die land was sedertdien grootliks vreedsaam.
Onluste rondom verkiesingstyd het egter voorgekom wat herinneringe van die konflik waarin meer as 50 000 mense dood is weer tuisgebring het.
Die APC se eerste-ronde verkiesingsnederlaag het meegebring dat die opposisie aanvoer dat die regerende party die uitkoms van die verkiesing deur die howe wil stuit.
“Die motivering agter die APC se interdik is duidelik: hulle wil nie hê die tweede ronde moet voortgaan nie omdat hulle weet die beslissing van die meerderheid kiesers in Sierra Leone sal nie in hul guns wees nie,” het Bio op 'n nuuskonferensie gesê.
'n Groep burgerregte-organisasies het die vorige hofbevel as “frustrerend en ontmoedigend” bestempel aangesien die verkiesing van 7 Maart deur sowel nasionale as internasionale waarnemers as geloofwaardig verklaar is.
Pres. Ernest Bau Koroma lê die tuig na die maksimum twee termyne neer.
Bio het gesê die president sal Sierra Leone tot die rand van chaos bring indien hy weier om die tuig aan die einde van sy mandaat neer te lê.
Sommige kandidate en hul ondersteuners het etniese beledigings tydens verkiesingsvergaderings kwytgeraak en die polisie en internasionale waarnemers het in die afgelope weke hul kommer oor hierdie retoriek uitgespreek.
Die APC maak breedweg op die Temne- en Limba-volke in die noorde van die land vir steun staat met die SLPP wat meer gewild in die Suide onder die Mende etniese groep is.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie