Sikloon Idai: Dodelike siekte tref Beira
Sikloon Idai: Dodelike siekte tref Beira

Sikloon Idai: Dodelike siekte tref Beira

Die Mosambiekse regering het Woensdag gesê vyf gevalle van cholera is reeds bevestig, berig Reuters.
Die onvermydelike het in die nasleep van die sikloon Idai gebeur.

Die dodelike siekte cholera het in die omgewing van die Mosambiekse hawestad Beira uitgebreek.

Die Mosambiekse regering het Woensdag gesê vyf gevalle van cholera is reeds bevestig, berig Reuters.

Tientalle siek en swak mense met diarree daag daagliks by ’n kliniek in Beira op.

Ussene Isse, nasionale direkteur van mediese hulpdienste by die department van gesondheid, sê gesondheidswerkers het hul hande vol om sowat 2 700 pasiënte met ernstige diarree te behandel.

Die meeste van hulle het waarskynlik reeds cholera, sê hy.

“As jy een geval in ’n gemeenskap het, kan jy baie gou meer verwag.”

In Munhava, in die sentrale deel van Beira, is ’n mobiele kliniek opgerig waar tot 140 mense daagliks vir diarree behandel word. Baie van hulle is te swak om te loop.

In die meeste gevalle gee verpleegsters water wat met chloor behandel is aan die pasiënte. Baie, soos kinders, weier om dit te drink.

DOKTERS SONDER GRENSE

Dr. Gert Verdonck, Dokters Sonder Grense (MSF) se noodkoördineerder in die stad, het Woensdag in ’n verklaring gesê hulle behandel tans sowat 200 mense per dag in drie klinieke in Beira.

MSF herstel ’n verwoeste gebou sodat pasiënte wat met cholera besmet is daar afgesonder en behandel kan word.

Volgens Verdonck het MSF verskeie vragvliegtuie, wat daagliks nog dokters, verpleegpersoneel en mediese toerusting na Beira bring.

Hulle onderhandel ook met die gesondheidsdepartement om as voorkomingsmaatreël mense in die gebied teen cholera in te ent, sê hy.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het aangekondig hy is op pad na Beira met 900 000 dosisse cholerateenmiddels.

Dit behoort die gebied teen die naweek te bereik.

Duisende mense was langer as ’n week in die nadraai van die sikloon Idai weens vloede in dorpies vasgekeer sonder dat hulle enige toegang to skoon water gehad het.

Die dodetal in Malawi, Zimbabwe en Mosambiek het Woensdag op minstens 740 gestaan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!