u2018Sikloon Idai se skade beloop miljardeu2019
u2018Sikloon Idai se skade beloop miljardeu2019

‘Sikloon Idai se skade beloop miljarde’

Die tropiese sikloon Idai, wat verlede maand verwoestende oorstromings in Mosambiek, Malawi en Zimbabwe veroorsaak het, sal die betrokke lande meer as US$2 miljard (bykans R28 miljard) uit die sak jaag.

Dié beraming van die koste om die skade te herstel is deur die Wêreldbank gedoen.

Die bank sê in ’n verklaring die storm het meer as 3 miljoen mense se lewe ontwrig.

In Mosambiek, waar die grootste verwoesting, onder meer grondverskuiwings, veroorsaak is, is tot sowat US$773 miljoen (bykans R11 miljard) se bates verwoes.

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds kan Mosambiek se produksie vanjaar met tot 2% daal.

Minstens 600 mense is in Mosambiek dood nadat die storm die hawestad Beira getref het. Cholera het intussen uitgebreek en meer as 4 000 gevalle is aangemeld. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!