Sikunga-visbewaarders kry hupstoot
FNB Namibia se FirstRand Namibia Foundation Trust het die Sikunga-visbeskermingsprojek in die Zambezistreek die afgelope drie jaar met N$775 000 ondersteun om onwettige visvang te voorkom.
Die Sikunga-projek word deur die Sikunga-bewaringsgebied, die Masubia- Tradisionele Owerheid en verskeie toerismeorganisasies ondersteun.
Die gebied verteenwoordig ’n klein deel van die Zambezirivier – 8 km van die rivier en sy sytakke – waar vis beskerm word en ongestoord kan broei.
Altesaam 15 visbewaarders is permanent in diens om dié gebied te beheer en te beskerm.
“FNB Namibia, deur middel van ons FirstRand Namibia Foundation Trust, is toegewy aan omgewingsbewaring in ons land, en is by meer as 14 bewaringsprojekte betrokke,” het mnr. Allan Matengu, FNB-takbestuurder op Katima Mulilo, gesê.
“Ons bedank die Sikunga-visbewaarders vir hul harde werk en die aktiewe rol wat hulle in die beskerming van ons omgewing, veral die Zambezirivier-ekostelsel, speel.”
Me. Dgini Visser van die Gondwana Care Trust sê die Sikunga-visbewaarders speel ’n belangrike rol as bewaarders van die Zambezirivier, wat visvoorraad vir toekomstige generasies beskerm.
“Die bewaring van ons natuurlike hulpbronne is slegs moontlik wanneer organisasies en gemeenskappe saamwerk om dit te bewaar,” sê sy.
“Gondwana Care Trust sal verseker die vennootskap met FNB Namibia en die Sikunga-visbewaarders is volhoubaar en sal ’n positiewe impak op die gemeenskappe van die Zambezistreek hê.”
Visser sê FNB Namibia se skenking sal verseker dat die visbewaarders hul mandaat kan uitvoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie