Silwer beker wink vir Gim of Affies
Silwer beker wink vir Gim of Affies

Silwer beker wink vir Gim of Affies

Skolerugby
Andrew Poolman - Twee goed afgerigte spanne met slaankrag voor en agter takel mekaar môreaand in die Momentum onder 19 Superliga rugby-eindstryd.

Gaan Windhoek Afrikaanse Privaatskool beloon word vir 'n seisoen waarin hy boaan die puntelys geëindig het? En gaan sy ambisie genoeg wees om die knoop deur te haak vir 'n geskiedkundige eerste triomf vir die skool wat in 2016 sy eerste eindstryd gehaal en teen WHS verloor het?

Aan die ander kant sal die Windhoek Gimnasium Leeus nie naastenby geneë wees om van die titel afstand te doen wat hulle verlede jaar gewen het nie.

Dis ook die Gimmies se kans om wraak te neem teen 'n span teen wie hulle 'n ligawedstryd vanjaar op opspraakwekkende wyse met 40-8 verloor het.

“Ek sal nie 'n wenner wil voorspel nie, want dis twee werklike goeie spanne. Albei het groot baldraers vir wie hulle die bal kan gee om skade te maak, so dit gaan 'n lekker finaal wees en die span wat dit die meeste wil hê, gaan hom vat.

“Windhoek Affies sal honger wees vir sukses en het wedstrydwenners in Bernhardt Wessels, Jurgen-Leigh Human en Danie van der Merwe, maar Gimnasium is goed afgerig en het 'n goeie kombinasie en wedstrydplan.”

Só sê Henry Kemp, afrigter van Samsung WHS wie se span vanweë beserings heelwat anders lyk vir hul opwindende bronsfinaal vanaand teen OK Foods Moria. Kemp is vandeesweek ook aangestel as afrigter van die Namibiese o.20-span wat einde vandeesmaand in die Wêreld­rugby Junior Trofee-toernooi in Roemenië gaan meeding.

Schoemans-groep Windhoek Gimnasium I (15-1): Wiks Tromp, Lyle Beukes, Kieron Diergaardt, Léan Rossouw, Mell Theunissen, Samuel Poulton, Archie Norval, Monré Meyer (kapt), Lean Mostert, Christopher de Jager, André van der Merwe, Michael Thuynsma, Ethan Thiart, Louw Steenkamp, Riyaruka Maurihungirire.

Reserwes: Zane Feris, 17 Shaun van Wyk, Marco Lombard, Jaun-Louis Zaayman, Ethan Gaya-Rittman, Jahno du Plessis, Lianzo Cupido, Jean-Pierre Steyn. Afrigter: Jaco Engels.

KMC/JCC Windhoek Affies I: Herman Steyn, Louis Karsten, Zinzan Steenkamp, Christiaan Celliers, 11 Keanu Engelbrecht, Johan Zaayman, Danie van der Merwe (kapt), Bernhardt Wessels, Hofmeyr van Blerk, Kobus Wilders, Roelof Theron, De Wet Oosthuizen, Jurgen-Leigh Human, Ruan Strydom, Ernst Lowe.

Reserwes: Lucas Maree, Joshua Mienie, Milne Becker, 19 Pieter du Preez, Ruben du Preez, Ruan Opperman, Christo Liebenberg, Arthur Lewies. Afrigter: Johan Zaayman.

• Sien die volledige wedstrydprogram op bladsy 18.

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A