Silwer vir jong Turke in Italië
Inlynhokkie
Tielman van Lill
Namibië se senior nasionale mans-inlynskaatshokkiespan het Vrydag amper opnuut geskiedenis in sy kwalifiserende wedstryd vir die Super 8-afdeling by die 2021 Wêreldkampioenskap in Roccaraso, Italië, gemaak.
Hoewel Namibië nie tot die Super 8-afdeling kon deurdring nie, het hulle gister ’n silwermedalje in die bekerfinaal opgeraap. Die uitslag is die beste nog wat Namibië in dié Wêreldkampioenskap kon behaal deur algeheel tiende te eindig. Die vorige keer was die span algeheel 15de uit 16 lande.
Die span van Brian Sobel (hoofafrigter) en kaptein Sean Liechti het reeds geskiedenis gemaak toe hulle verlede week groep D met seges teen Indië (20-0), Duitsland (8-2) en Argentinië (1-0) oorheers het.
In groep C het Letland 23 doele met slegs 4 teen die span al drie sy groepwedstryde ingepalm. Hulle het Chinees-Taipei (4-2), Mexiko (7-1) en Pole (12-2) geklop.
Letland en Namibië moes onderskeidelik vir Switserland en Slowakye klop om vir die Super 8-afdeling (groep A en B) te kwalifiseer. Die Switsers wat saam met Frankryk, Kanada en Italië in groep B was, het al drie sy groepwedstryde verloor om laaste te eindig.
Dieselfde het vir Slowakye in groep A gegeld en beide lande het die moontlikheid in die gesig gestaar om hul plek onder die wêreld se voorste agt lande te verloor. Hulle sou dan in die volgende Wêreldbeker in groep C en D moes meeding.
Ongelukkig het Namibië sy botsing teen Slowakye met 6-3 verloor, terwyl Switserland Letland se hoop met 5-1 verydel.
Die Super 8-kwalifiseerder teen Slowakye was beslis ’n karaktertoets vir die jeugdige Namibiese span met ’n gemiddelde ouderdom van slegs 17 jaar. Hul ervare teenstanders is veel ouer met ’n gemiddelde ouderdom van 29.
Die kragmeting teen Slowakye was beslis nie eenrigtingverkeer nie. Namibië het wel ná agt minute met 2-0 agtergeloop, maar die span het sy verdeding in orde gekry.
Max Finkeldey het die doelhok (2-1) getref om die Namibiërs se droom lewend te hou. Met slegs ’n minuut voor rustyd oor, tref Slowakye weer om met 3-1 voor te loop.
Met minder as minute verstreke in die tweede helfte onderstreep Christiaan Coetzee sy talent en laat krimp die telling na 3-2. Alhoewel die Namibiërs volgehoue druk uitoefen en hul teenstanders se doelhok genadeloos aanval, red die Slowakiërs se puik doelwagter hul basse.
Slowakye teken opnuut twee onbeantwoorde doele (5-2) aan alvorens Amandus Röttcher die telling na 5-3 laat krimp. Met net meer as twee minute speeltyd oor, versterk die Namibiese span sy aanval met hul doelwagter, maar met die doelhok onbeman, slaan Slowakye toe vir hul laaste doel in die doodsnikke.
Bekerafdeling
In die kwarteindstryd van die bekerafdeling (groep C en D) klop Namibië vir Mexiko met 6-2 en volg dit op in die semifinaal met ’n 3-0 sege teen Duitsland.
Finaal
In die eindstryd vir die goue medalje teen Argentinië het Namibië amper dieselfde resultaat teen hulle soos in die groepwedstryd behaal toe hulle die Argentyne met 1-0 geklop het.
Met slegs 55 sekondes van die finaal oor was Namibië nog met 1-0 voor. Maar die Argentyne maak die telling gelykop en 10 minute ekstra speeltyd wat hulle ten volle benut toe Owen Haiek die wendoel vir Argentinië aanteken.
Luca Mentzel – bygestaan deur Amandus Röttcher – het Namibië se doel behaal. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie