Silwermunt om 1ste hartoorplanting te vier
Silwermunt om 1ste hartoorplanting te vier

Silwermunt om 1ste hartoorplanting te vier

'n Gedenkmuntstuk om die eerste hartoorplanting te vier word deur die Suid-Afrikaanse Munt uitgereik.
Elvira Wood

Die Suid-Afrikaanse Munt vier vanjaar die 50ste herdenking van die wêreld se eerste suksesvolle mens-tot-mens-hartoorplanting met ’n spesiale silwermunt.

Die Munt sê wat dié herdenking nog meer spesiaal maak, is dat sy bekendste produk – die Krugerrand – ook vanjaar sy halfeeu vier.

Wyle prof. Chris Barnard het op 3 Desember 1967 die eerste suksesvolle hartoorplanting in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad uitgevoer.

As deel van sy “Suid-Afrikaanse uitvindings”-reeks vervaardig die Munt nou ’n silwer-R2-kroon en ’n 2,5c-tiekie.

Die hartoorplanting is die tweede “uitvinding” in dié reeks. Die dolos was in 2016 die eerste.

Die Munt het Woensdag in ’n verklaring gesê die voorkant van die hele reeks lyk dieselfde. In die middel is ’n groot protea en die woorde “Suid-Afrika” en “2017”.

Op die groter munt verskyn die bolyf van ’n mens met al die are, skelet en organe – met ’n sirkel om die hart om die fokus daarop te plaas.

Die tiekie het ’n hart op. Hy pas presies binne in die sirkel op die groter munt en stel ’n “oorplanting” voor wanneer dit daarop geplaas word.

Die letters “CNB”, wat vir Chris Neethling Barnard staan, en “2½” verskyn ook op die agterkant.

“Ons as Suid-Afrikaners behoort baie trots te wees op wat dr. Barnard bereik het. Die nuwe reeks munte is ons hartlike huldeblyk aan die bydrae wat die span van die wêreld se eerste hartoorplanting tot die mediese wetenskap gemaak het,” sê Tumi Tshelo, besturende direkteur van die Munt.

Die Munt gaan net 1 000 elk van die individuele krone en tiekies en 700 versamelstelle maak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!