SIM-kaartbedrog nie vir Absa se rekening
Absa sê die sekerheid van sy stelsels gee nie aan werknemers toegang tot kliënte se aanmeldbesonderhede nie, en hy kan nie aanspreeklik gehou word as kubermisdadigers mense se PIN-nommers en wagwoorde gebruik nie.
Malherbe Nienaber - Absa het Dinsdag gereageer op navrae oor die moontlikheid dat swakplekke op sy webwerf dalk daartoe kan lei dat kliënte se PIN-nommers aanlyn gewysig word nadat hul SIM-kaarte omgeruil is.
Absa is gevra of die “Reset PIN”-funksie, waar kliënte op sy internetbankplatform aanmeld, toelaat dat die PIN-nommer gewysig word as jy slegs die rekeningnommer ken.
Met dié opsie word ’n kennisgewing oor die PIN-wysiging aan die verbruiker se selfoon gestuur, wat hulle dan moet aanvaar en ’n gedeelte van hul wagwoord intik. Daarna moet die bankkaartnommer en bankkaart se PIN ook ingevul word om voort te gaan.
In Junie het Absa gesê hy finaliseer die opknapping van sy stelsels om ongemagtigde toegang tot bankrekenings moeiliker te maak.
Talle bankkliënte landwyd het die afgelope jaar al duisende rande verloor in ongemagtigde onttrekkings uit hul rekenings nadat ’n SIM-omruiling op hul selfoonnommer gedoen is.
Die omruiling van SIM-kaarte stel ’n kubermisdadiger in staat om kliënte se kennisgewings van die bank te ontvang en met behulp van die aanmeldbesonderhede toegang tot hul bankddienste te verkry.
Absa het Dinsdag gewaarsku dat kubermisdadigers toenemend meer ingewikkelde maniere gebruik om kliënte se bankbesonderhede te bekom, soos uitvissings-e-posse (phishing) en SIM-omruilings.
“Ons beveel sterk aan dat verbruikers nooit hul persoonlike inligting met enigiemand deel nie – of dit nou in persoon, per e-pos of oor die foon is. Dit is die kliënt se verantwoordelikheid om hul persoonlike besonderhede saam met hul PIN-nommer en wagwoord te bewaar.”
As die kliënt se regmatige aanmeldbesonderhede gebruik word om toegang tot hul rekening te verkry, sê Absa, kan hy nie vir hul verlies verantwoordelik gehou word nie.
“Enigiemand anders wat die kliënt se PIN wysig, moet sy aanmeldbesonderhede ken omdat slegs die kliënt die karakters van die wagwoord wat weggelaat is, sal ken,” sê Absa.
Indien die verkeerde karakters drie keer agtereenvolgens ingetik is, word die internetdiens gesluit en moet dit by ’n Absa-tak heropen word.
In Mei is berig dat Dawie de Villiers, oud-Springbokkaptein en oudminister, wat in Stellenbosch woon, vergoed sou word nadat sowat R430 000 uit sy en sy vrou se bankrekenings onttrek is. Dit het gebeur nadat sy vrou, Suzaan, se Vodacom-SIM-kaart op 19 April omgeruil is.
Wicus Pretorius, redakteur van die tydskrif Tuis, het ook net meer as R100 000 verloor ná SIM-omruilings tussen 17 en 18 April op sy Vodacom-rekening gedoen is.
Absa sê hy het die klagtes met albei kliënte uitgeklaar en kan om vertroulikheidsredes nie hul vergoeding bekend maak nie.
Die Wes-Kaapse polisie en Vodacom het in Mei bevestig dat die De Villiers-egpaar ten volle vergoed is en Pretorius het gesê die transaksie uit sy rekening is ten volle omgekeer.
Sedertdien het talle kliënte van Absa, Standard Bank, Vodacom en MTN landwyd soortgelyke klagtes gedeel.
Die meeste van dié slagoffers sê die bank het aan hulle 50% van hul verlies met ’n vertroulikheidsooreenkoms aangebied, wat hulle binne sewe dae moes aanvaar.
Indien die klagtes na die ombudsman vir bankdienste verwys word, trek die bank egter die aanbod terug.
Vodacom het in Junie bevestig dat hy iemand wat betrokke was by die SIM-omruiling op De Villiers se rekening uitgeken het en dié persoon se kontrak met ’n sakevennoot is beëindig. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie