SIM-registrasie word wet
Selfoondiensverskaffers moet binne maande weet wie bel wie, wanneer en vir hoe lank.
Augetto Graig
Die regering verplig selfoondiensverskaffers om kliënte se identiteitsbesonderhede en inligting rakende hul kommunikasiegewoontes te stoor, nadat regulasies vir die toepassing van die Kommunikasiewet nr. 8 van 2009 op 15 Maart 2021 in die Staatskoerant gepubliseer is.
Telekommunikasie-diensverskaffers sal vanaf 15 Junie verplig wees om eers enige kliënt se persoonlike identiteitsinligting op te neem, voordat hulle ’n intekenaar-identifikasiemodule, beter bekend as ’n SIM-kaart, sal kan uitreik.
Die meerderheid kommersieel beskikbare selfone werk nie sonder ’n SIM-kaart nie.
Die woordvoerder vir Telecom Namibia, me. Nomvula Kambinda, sê die staatsonderneming sal teen die sperdatum gereed wees.
“Ons spanne werk dag en nag om te verseker ons voldoen teen die tyd wat die regulasies toegepas moet word,” sê sy.
Volgens die regulasies moet diensverskaffers hierdie inligting vir minstens vyf jaar stoor. Dit sluit in die telefoonnommer van die kliënt, enige ander toepaslike identifikasienommer en enige inligting nodig om ’n spesifieke dienspakket aan ’n spesifieke kliënt te koppel.
Boonop moet rekord gehou word van enige nommers geskakel deur ’n kliënt, of waarvan ’n kliënt geskakel word, asook die bron en bestemming van enige ander kommunikasie saam met die grootte van die data verbruik in daardie kommunikasie.
Die internetprotokol (IP)-adres, wat gebruik word om ’n spesifieke rekenaar uit te ken, moet waar toepaslik aangeteken word. Datum, tyd en duur van enige gesprekke moet aangeteken word, saam met nodige inligting om die kliënt te koppel met veelparty konferensie-oproepe, oproepverwysing of boodskappe gelaat indien oproepe nie beantwoord word nie.
Selfs van die perseel van waar die oproep herlei word en die vorm van die boodskap moet rekord gehou word.
Hierdie inligting mag, volgens die regulasies, deur lede van die Namibiese polisie of beamptes van die Namibië Sentrale Intelligensiediens (NCIS) aangevra word, mits hulle hiervoor goedkeuring van ’n landdros of ’n regter kry.
Die regulasies sit die besonderhede uiteen wat beamptes in so ’n versoek moet verskaf, maar maak ook voorsiening vir dringende toegang tot die inligting indien die beampte glo dat ’n vertraging weens ’n aansoek vir goedkeuring die doel van die toegang tot die inligting sal belemmer.
Die regulasies stel ook die koste van aanvraag tot hierdie inligting teen N$400 per teikenkliënt, N$30 per maand, N$30 per spesifieke versoek en ook N$4 per uitgedrukte blad, of N$12 per CD-skyf, of N$12 as die inligting elektronies oorgedra moet word.
Verder kry diensverskaffers N$250 as die inligting buite werksure verskaf moet word, volgens die regulasies.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie