Simasiku nie geskik om verhoor te word
Simasiku nie geskik om verhoor te word

Simasiku nie geskik om verhoor te word

Francoise Steynberg
Mnr. Simataa Simasiku, 'n voormalige werknemer van die Global Fund wat na bewering in 2019 in die City Centre-gebou in die hoofstad 'n voormalige kollega doodgeskiet en 'n ander gewond het, is nie geskik om verhoor te word nie.

Die bevindings van die twee psigiatriese verslae wat deur 'n psigiater in die private sektor en 'n ander in die openbare gesondheidsektor saamgestel is, toon dat Simasiku nie geskik is om die verrigtinge van 'n verhoor te kan verstaan of begryp nie, omdat hy aan 'n geestesongesteldheid ly.

Die bevindings van die twee verslae deur drs. Reinhardt Sieberhagen en Lahja Hamunjela is in die hoërhof bekend gemaak toe Simasiku vanoggend weer voor regter Christie Liebenberg verskyn het.

Volgens Sieberhagen ly Simasiku aan 'n ernstige vorm van psigotiese geestesongesteldheid en het hy dringend behandeling nodig. Hamunjela het dit beaam.

Simasiku het na bewering op 28 Januarie 2019 by die City Centre-kantoorgebou ingestap en twee slagoffers geskiet wat in diens was van die Global Fund-bestuurseenheid in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.

Me. Sarah Mwilima, 'n direkteur van die eenheid, is op die toneel dood, terwyl me. Ester Nepolo gewond is. - Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!