Simbas staal hulle vir 80 minute se inspanning
Afrigter Ian Snook se 23-tal sal ses voorspelers op die reserwebank insluit.
Die Keniaanse rugbyspan kom vanmiddag in Windhoek aan vir die allerbelangrike wedstryd teen Namibië komende Saterdag in die Hage Geingob-stadion (afskoptyd 16:00).
Die toptwee spanne in die 2018 Rugby Afrika Gouebekerreeks sal nie net vir die wentrofee speel nie, maar ook vir die enkele regstreekse plek na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan.
Die verloorspan sal later vanjaar 'n toernooi teen Hongkong, Kanada en Duitsland moet wen om as kwalifiseerder nommer 20 sy plek in dieselfde Wêreldbeker-groep in te neem, waarin Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Italië reeds geplaas is.
Die Simbas se Nieu-Seelandse afrigter, Ian Snook, het drie spelers teruggeroep wat laas naweek se tuissege in Nairobi met 67-0 (elf drieë en ses doelskoppe) teen Tunisië misgeloop het.
Die drietal is die losvoorspeler Dalmus Chituyi, senter Felix Ayange en stut Curtis Lilako.
Chituyi keer terug van 'n ligte besering, nadat hy op 30 Junie die held was deur van die bank af twee laat, deurslaggewende drieë in die sege met 45-36 teen Zimbabwe te druk.
Ayange, 'n gesoute internasionale sewesspeler, het ook laas in die tuissege teen Zimbabwe gespeel voordat hy met vir 'n wyle met 'n mondoperasie op die kantlyn moes bly.
Snook sê: “Dalmus is terug omdat ons ses voorspelers en twee agterspelers op die reserwebank wil hê.
“Dit was vir ons deurslaggewend in 'n paar ander wedstryde om vars voorspelers te hê wat laat in die wedstryd 'n verskil kan kom maak. Ons hoop dat dit dié keer weer so sal wees.
“Felix sal op die reserwebank wees omdat hy verskeie posisies kan dek en in elkeen van dié posisies bekwaam is. Hy is 'n taai mededinger en ons weet hy is reg vir die fisieke botsing wat in Windhoek voorlê. Ons sal sy ondervinding en sy koel kop laat in die wedstryd nodig kry.”
'OP ONS BESTE'
Oor die uitdaging om die onoorwonne Namibië, die kontinentale Wêreldbeker-kwalifiseerder vir die laaste twee dekades, vir die eerste keer in die geskiedenis op sy tuisveld te uitoorlê, het Snook gesê: “Ons hoop en aspirasies is om op ons beste te speel en om 80 minute bymekaar te voeg van die tipe spel wat ons vanjaar nog net vir 40 minute of so in ander wedstryde kon lewer.
“Dit was 'n moeilike ondernasionale seisoen omdat ons geen opwarmwedstryde gespeel het nie en koud vir eenmalige toetswedstryde moes voorberei.
“Die wedstryd teen Tunisië het 'n bietjie van alles gebied en die spelers sou daaruit kon leer. Ek verwag dat my spelers gereed is vir 'n poging oor 80 minute en ons sien baie uit na die uitdaging.”
Kenia se spelersgroep van 23: Davis Chenge (kaptein), Isaac Adimo, Martin Owilah, Samson Onsomu, William Ambaka, Darwin Mukidza, Tony Onyango, Peter Kilonzo, Oliver Mang'eni, Jacob Ojee, Mohamed Omollo, Felix Ayange, Dalmus Chituyi, Curtis Lilako, Peter Karia, Elkeans Musonye, George Nyambua, Andrew Chogo, Malcolm Onsando, Patrick Ouko, Moses Amusala, Joseph Odero, Colman Were.
– APO Group

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie