Simbra vier 3 goeie dekades
Die Simbra is in die tagtigerjare uit die Simmentaler en Brahman ontwikkel om ? ras te skep wat perfek is vir Suider-Afrika. Dertig jaar later is dit een van die beste presteerders in die skouring en op die veld, soos vanjaar se skou bewys het.
Ronelle Rademeyer - “Ons het ’n ver pad gekom sedert die Simbra dertig jaar gelede deur die registrerende owerhede as ’n ras aanvaar is,” sê Diethelm Metzger, eienaar van die Kamab Simbra-stoet en visepresident van die Namibiese raad van die Simmentaler en Simbra Telersgenootskap.
“Destyds het ons baie kritiek gekry, maar ons het onsself goed gevestig. Ons het die ras geneties gestabiliseer en seker gemaak dit is goed versorg wat data betref deur deel by Breedplan in te skakel,” sê hy.
Die toekomsvisie is om die nr. 1 ras in die land te wees en toenemend te fokus op wat die eindverbruiker wil hê, naamlik sagtheid en smaak.
Vyf jaar gelede, toe die ras sy kwarteeu gevier het, was Diethelm as spreker aan die week tydens ’n Simbra-boeredag buite Otjiwarongo.
Republikein het destyds só oor sy aanbieding berig:
“Vroeër jare was boerdery dalk ? roeping, maar vandag is dit ? sakeonderneming soos enige ander. Daarom moet boere alle insette meetbaar maak om te kan bepaal of sy sakeonderneming geld maak en suksesvol is of nie.
“Alles van produksie en konsepsie tot speengewigte kan as ? persentasie uitgedruk word en is dus meetbaar. En aan alles wat ons aanpak, is ? koste verbonde. Ons moet seker maak dat die koste nie meer is as die uitset nie, want anders boer ons agteruit. As ons dit nie meet nie, gaan ons dit nie weet nie.”
“Navorsing bring nuwe antwoorde wat ons kan gebruik om ons boerdery te verbeter en meer geld te maak. Boere is nie draadspanners en boskappers en werktuigkundiges nie, maar bestuurders wat die nodige kennis moet hê om hul plase optimaal te benut en volhoubaar te boer.”
Hy het ook groot klem daarop gelê dat Namibiese boere vandag nie kan bekostig om nié Simmentaler- en Brahman-bloed in hul kuddes te hê nie. “Hoekom nie? Want ons produseer vleis. Van die Simmentaler kry ons die dubbeldoeleinskappe van vleis en melk en die Brahman gee vir ons die goeie loopvermoë, hittebestandheid en aanpasbaarheid.”
Die melk-faktor is belangrik, het Diethelm gesê, omdat dit vir goeie speengewigte sorg. Verder lewer die Simbra die tipe karkas wat die mark verlang. “? AB2-gradering wat 260 kg uitslag, 22 tot 26 maande oud is en ? vetbedekking van 2 het, is die ideale karkas. Daar is nie baie rasse wat hierdie tipe karkasse kan produseer nie. Die kombinasie van die Simmentaler en die Brahman kan dit wel vir jou gee,” het hy gesê.
In kassie
Waarom Simbra?
Die Simbra-ras is een van die sterkste, grootste en mees gewilde rasse in Suider-Afrika. Dit is ? uitsonderlike prestasie, gesien dat die ras 30 jaar gelede eers geregistreer is.
In Namibië het die Simbra die afgelope drie dekades met rasse skrede vorentoe beweeg en een van die gewildste rasse geword wat in beide die skouring en op die veld presteer. Telers van hierdie ras is ook regoor die land versprei wat op die gehardheid van die diere dui.
Hoewel Amerikaanse telers al in die 1960’s aan die Simbra-idee begin werk het, was dit die Suider-Afrikaanse Simmentaler Vereniging wat in 1985/’86 die konsep verder ontwikkel het.
In 1987 het ? kennisgewing in die Suid-Afrikaans staatskoerant verskyn waarin die Simbra tot ontwikkelende ras verklaar is. Die ras het sedertdien in Namibië gevorder tot sowat 11 000 geregistreerde vroulike diere en 28 telers – ? bewys van die sukses daarvan.
Die gewildheid en prestasie van hierdie veelsydige ras kan aan verskeie faktore toegeskryf word. Die meeste sintetiese rasse is ontwikkel van spesifieke basisrasse en het ? stelsel waarvolgens dit verbeter word. Soms het ? sintetiese ras ? stelsel sonder spesifieke basisrasse, of die keuse van die basisras is nie goed deurdink nie. In sulke gevalle kan hibridisasie plaas en lewer die resultate nie altyd aan die verwagtinge op nie.
In die geval van die Simbra is die keuse van die basisrasse goed deurdink en ? doeltreffende stelsel is ontwikkel wat deur ? dinamiese en onafhanklike vereniging bestuur is.
Die keuse van die Simmentaler en die Brahman as die basisrasse waaruit die sintetiese Simbra-ras tot stand gekom het, was uiters suksesvol danksy die breë interne genepoel wat vir genoeg variasie voorsiening gemaak het om die regte diere vir ? spesifieke doel en omgewing te selekteer.
Die basisrasse het ook genoeg verskil om vir maksimum-basterkrag (heterose) voorsiening te maak.
Die Simbra is geteel om ? ras tot stand te bring wat ideaal binne die Suider-Afrikaanse omgewing aanpas en aan die produksiestelsels en markverwagtinge voldoen.
Die melk- en vleiseienskappe van die Simmentaler is in hierdie ras gekombineer met die aanpasbaarheid, gehardheid en siektebestandheid van die Brahman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie