Simmentaler, Brahman bied kampioenskappe aan
Simmentaler, Brahman bied kampioenskappe aan

Simmentaler, Brahman bied kampioenskappe aan

Windhoek Skou 2018
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Vir die telers van Simmentalers en Brahmane is vanjaar se skou ’n naelbyt-geleentheid. Dié twee rasgenootskappe bied hul nasionale kampioenskappe aan.

Vir die Simmentalers is dit boonop ook ’n spesiale jaar aangesien die ras een en ’n kwart eeu gelede sy debuut in die land gemaak en sedertdien ’n reuserol vervul het in die opbou van die nasionale kudde.

Die Brahman is veel korter hier – sedert 1954 – maar is eweneens na suidelike Afrika gebring danksy die pioniersgees van ’n boer van hierdie land. Vandag is dit een van die gewildste rasse in die land.

’n Bewys daarvan is die getal telers en diere jaarliks by die skou. Vanjaar het negentien telers 193 diere vir dié ras se nasionale kampioenskap ingeskryf wat Saterdag om 08:00 in Ring 3 begin.

Die beoordelaars is Kaspar Günzel van Grootfontein en Bernie Staal van Suid-Afrika.

Altesaam 83 diere van nege telers sal aan die Simmentaler se nasionale kampioenskap deelneem wat Sondag om 09:00 afskop, ook in Ring 3.

Die beoordeling sal deur Erich Schulenburg en Jan van Biljon behartig word. Hulle is beide van Suid-Afrika.

Die ander rasse wat vertoon gaan word, is Afrikaner, Hereford, Angus, Sussex, Braunvieh, Charolais, Dexter, Limousin, Cianina, Santa Gertrudis en Simbra.

In totaal sal daar 483 beeste deur 59 telers vertoon word. Verlede jaar het 57 telers met 488 beeste in Windhoek geskou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!