Simondeum se smulkos
Noorderlig het by Simondeum Investments gaan inloer om meer oor die maatskappy se wenresep te leer.
Voedselvervaardiging is die toekoms, en die Simondeum Fine Meats-aanleg op Grootfontein is voor in die wedloop om gehalte proteïenprodukte aan Namibiërs te voorsien.
Die besigheid bestaan uit twee fabrieke op dieselfde perseel. Benewens die vleisverwerkings aanleg, word vrugtesappe, Omaere (dikmelk) en jogurt by die kleiner Grootfontein Food and Beverage aanleg vervaardig wat produkte onder die Frontier handelsmerk verkoop. Volgens Simondeum se verkoopsbestuurder, mnr. Deon van Blerk, besef hulle dat die verbruiker kan al hoe minder proteïen bekostig. “Maar ons maak dit op Grootfontein vir hulle, en kliënte kan goeie kwaliteit verwerkte vleis by ons koop, van russians, viennas onder die handelsmerk Maxim en duurder Cheese Windhoeker en Windhoeker en polonies onder die handelsmerk Natures Pride en rou snitte soos beesrib, skenkels en borsstukke en wors. En dit teen meer bekostigbare pryse.”
Van Blerk sê by die kleiner 850m²-suiwelaanleg kan tot 600 000 liter in 'n maand vervaardig word, terwyl die 1 000 m²-fabriek 90 ton 'n maand se vleisprodukte kan lewer. “Dit kan egter nog vergroot en verbeter word,” sê hy.
Boonop is die fabrieke goedgekeur vir uitvoer danksy Simondeum se pligsgetroue toepassing van internasionale beste praktyke soos die NASA-ontwikkelde HACCP (Hazard Analysis and Critical Control Points)-stelsel, sê hy.
HACCP is 'n voorkomende voedselveiligheidstelsel waarin elke stap in die vervaardiging, berging en verspreiding van 'n produk wetenskaplik vir mikrobiologiese, fisiese en chemiese gevare getoets word. Volgens die fabrieksbestuurder van beide aanlegte, me. Marlize Human, is die stelsel oor die afgelope twee jaar ingestel.
Danksy dié stap-vir-stap-stelsel om voedselsuiwerheid te verseker, kon die maatskappy baie van die gevolge van vroeër vanjaar se listeriose-uitbreking vryspring, het Van Blerk gesê.
Intussen oorweeg die maatskappy uitvoergeleenthede, veral na Suid-Afrika, maar ook na ander SADC-lande.
Met sy eie interne laboratorium word daaglikse toetse uitgevoer om produkgehalte te verseker terwyl monsters ook vir eksterne toetse geneem word, sê Van Blerk. Die fabriekstelsels word deur 'n N$2,4 miljoen-rekenaarstelsel gereguleer en gekontroleer, sê hy.
Altesame is die fabrieke sowat N$80 miljoen werd. By die aanlegte is daar werk aan 119 mense voorsien, en sluit dié personeel by ses winkels in, wat Simondeum-produkte landswyd versprei.
Volgens Van Blerk is die werksmag “trots op wat hulle hier doen”, veral ná baie interne en eksterne opleiding.
Volgens Van Blerk werk die aanleg se mense saam om te voorsien aan Jan Alleman se behoeftes. “Die rede vir ons aanleg is die gaping in die mark om te voorsien in die behoefte vir meer bekostigbare goeie gehalte proteïen,” sê hy.
Hy meen hoëgehalte produkte wat bemark word teen mededingende pryse, is Simondeum Investments se wenresep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie