Simptome waarvoor jy moet uitkyk
In September val die pers kollig op Alzheimersiekte, die 47 miljoen mense wêreldwyd wat met die siekte en ander demensies leef, asook families, versorgers en vriende wat hierdeur geraak word. Berrie Holzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vertel meer oor die siekte:
Simptome en tekens van demensie
Die algemeenste simptoom is ’n duidelike verlies van ’n persoon se korttermyngeheue – die lyer kan self daarvan bewus word of mense na aan hom of haar kan dit waarneem.
Wat egter baie belangrik is, is om te weet dat alle mense die een of ander tyd in hulle lewe iets vergeet. Die verskil tussen “normale vergeetagtigheid” en vergeetagtigheid wat moontlik die begin van demensie kan wees, is soos volg: Almal kan vergeet waar hulle hul beursie of motorsleutels laat lê het, maar sal die spoor kan terugvolg tot daar waar hulle dit moontlik laas gebruik het. ’n Persoon wat aan demensie ly, sal sy of haar sleutels, horlosie of selfoon op ’n ongewone plek wegsteek – soos die persoon wat sy tjekboek in sy bakkie se lugfiltreerder weggesteek het of ’n vrou wat telkens haar selfoon tussen haar onderklere gebêre het en daarvan vergeet het.
Nog ’n kenmerkende simptoom of teken van dimensie is wanneer ’n persoon alledaagse takies, wat altyd natuurlik vir hom of haar was om uit te voer, nie meer kan doen nie. Dit sluit in die maak van ’n koppie koffie of die gebruik van afstandbeheerder om die TV-kanale te verander.
Ander bekende simptome en tekens is disoriëntasie ten opsigte van tyd, datum en plek asook verlies van taalvaardigheid – almal vergeet soms ’n woord, maar mense met demensie sukkel gereeld om ’n eenvoudige woord te vind en gebruik dan soms ’n ander woord as plaasvervanger. Hulle kan byvoorbeeld die woord “yskas” vergeet en dit dan “die ding wat koudmaak” noem.
Nog ’n simptoom is ’n swak oordeelsvermoë.
Hulle sal byvoorbeeld onoordeelkundig aantrek - verskeie kledingstukke oor mekaar of ’n onpaar skoene. Hulle sukkel om ’n gesprek te volg of koerant te lees en die storielyn te behou.
Hulle ervaar veranderinge in hul gemoedstoestand en gedrag. So ’n persoon raak skielik vir skynbaar geen rede nie baie kwaad of hartseer. Ander kan weer min emosies toon.
Mense wat demensie kry, kan ook skielik ’n persoonlikheidsverandering ondergaan. Dus kan iemand skielik agterdogtig begin raak of geïrriteerd, depressief, angstig of apaties wees – veral in gevalle waar geheueverlies groot struikelblokke veroorsaak.
Hulle verloor dikwels ook hul “lewensvreugde”. Ons almal word moeg vir ons werk, stokperdjies en so meer, maar ’n persoon met demensie verloor heeltemal belangstelling in die lewe, sit ure lank voor die televisie, beoefen geen stokperdjies nie, lees nie meer nie en slaap moontlik vir ure.
As jy enige van die simptome ervaar of in iemand na aan jou herken, moedig hulle aan om ’n dokter te spreek.
Vir meer inligting, besoek Alzheimer Dementia Namibia se webblad by www.michellegrouptrust.wozaonline.co.za of kontak die instansie by [email protected] of 081 283 3983.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie