Sinkhuise van hel: Ouers steeds skoonveld
Tanja Bause – Die ma wat haar vier kinders Vrydagaand glo in ’n sinkhuis in die Havana- informele nedersetting toegesluit het, is nog nie in hegtenis geneem nie. Haar drie maande oue baba het dieselfde aand in die Katutura-staatshospitaal gesterf. Die kinders was ondervoed, gedehidreer en verwaarloos.
Volgens konst. Fabian Amukwelele, ’n stadspolisiewoordvoerder, het die polisie ná beraadslaging met verskeie belanghebbendes besluit om die ma nie nou in hegtenis te neem nie.
“Sy rou oor die dood van haar baba en is besig met begrafnisreëlings. Ons het besluit om haar tyd te gun tot die baba begrawe is, en dan sal ons vir haar berading gee. Daarná sal die stad haar van kinderverwaarlosing aankla,” het hy gesê.
“Sy is tans nie emosioneel baie stabiel nie. Sy huil net en wil glad nie eet nie. Ons wil nie onsensitief wees en haar nou in hegtenis neem nie. Ons moet die situasie baie sensitief benader omdat sy ’n enkelma is en die kinders se pa’s afwesig is. Ons moet ook haar ekonomiese agtergrond in ag neem. Sy sukkel op haar eie en kry baie swaar,” het Amukwelele gesê.
Sy is tans by familie in Windhoek besig om begrafnisreëlings te tref.
Die drie kinders van vyf, twee of drie, en ’n jaar is steeds in die hospitaal.
Die ma en pa wie se vier kinders Saterdag ook uit ’n sinkhuis in Havana deur die polisie gered is, het steeds nie na die huis teruggekeer nie.
Hulle het die kinders na bewering Vrydagaand met water, maar geen kos nie, in die huis toegesluit.
’n Buurman het die polisie se aandag hierop gevestig.
Die vier kinders van een, vier, sewe en tien is na hul oupa op Groot Aub geneem.
“Ons verstaan hulle is werkloos en vermoed iemand hulle laat weet die polisie is op soek na hulle. Ons vermoed hulle kruip iewers weg. Maar ons weet wie hulle is en ons sal hulle in hegtenis neem en van kinderverwaarlosing aankla. Dit is net ’n kwessie van tyd,” het Amukwelele gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie