Sinn Fein se Martin McGuinness sterf
Een van die mees omstrede figure in Brittanje is oorlede.
Martin McGuinness, Noord-Ierland se voormalige adjunk eerste minister, is in die ouderdom van 66 jaar dood.
Hy het aan 'n skaars hartkwaal gely.
McGuinness, voormalige hoofonderhandelaar van Sinn Fein, die politieke vleuel van die Ierse Republikeinse Leër (IRL), het in Januarie as adjunk eerste minister bedank.
Dit nadat hy 'n dekade lank in die pos gedien het.
Sy bedanking beteken Noord-Ierland moet binne maande 'n verkiesing hou.
McGuinness was jare lank die een wat die Goeie Vrydag-ooreenkoms namens Sinn Fein in Noord-Ierland se parlement aan die gang gehou het.
Brittanje en Noord-Ierland het met dié ooreenkoms, wat voorafgegaan is deur jare van geweld, ooreengekom dat Noord-Ierland deel van Brittanje bly totdat die meerderheid kiesers daar en in die Republiek van Ierland besluit Noord-Ierland moet deel van Ierland wees.
McGuinness was 'n senior bevelvoerder in die IRL ten tyde van die Bloody Sunday-skietvoorval in 1972.
Dertien burgerlikes is dood toe Britse soldate op Sondag 30 Januarie 1972 op die deelnemers van 'n burgerregte-optog in Londonderry, in die noordweste van Noord-Ierland, losgebrand het.
Nog 'n persoon is 'n paar dae later dood.
Die voorval was 'n keerpunt in die vroeë jare van die konflik.
McGuinness is later in hegtenis geneem vir die besit van plofstof en ammunisie en ook weens sy IRL-lidmaatskap. Hy is twee keer tronk toe gestuur.
In 1974 het hy die IRL vir 'n politieke loopbaan in Sinn Fein verruil.
Hy was die Sinn Fein-leier, Gerry Adams, se vernaamste luitenant en hoofonderhandelaar van die party toe die Goeie Vrydag-ooreenkoms gesluit is.
In 2012 is daar 'n groot ophef daarvan gemaak toe hy die koningin se hand met haar besoek aan Ierland geskud het.
Hy het meer onlangs gesê: “My oorlog is verby. My werk as 'n politieke leier is om oorlog te voorkom en ek is passievol daaroor.” - Netwerk24/Reuters/BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie