Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur
Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

Henriette Lamprecht
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 vandag vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië in die land se immuniseringsveldtog gebruik word, word deur die Beijing Bio-Institute of Biological Products Co Ltd, 'n filiaal van die China National Biotec Group (CNBG), vervaardig.

"Die byvoeging van dié enstof het die potensiaal om die toegang tot Covid-19-entstowwe te versnel. Ons doen 'n beroep op die vervaardiger om deel te word van Covax en sodoende by te dra tot die doelwit van meer gelyke verspreiding van entstowwe," het dr. Mariângela Simão, WHO se assistent-direkteur-generaal vir toegang tot gesondheidsprodukte gesê.

WHO se lys vir noodgebruik (EUL) is 'n voorvereiste vir Covax se voorraad. Die EUL evalueer onder meer die kwaliteit, veiligheid en doeltreffendheid van Covid-19-entstowwe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!