Sinopharm in Brittanje aanvaar

Henriette Lamprecht
Die Britse Hoë Kommissariaat het Sinopharm (Beijing) gevoeg by sy lys van entstowwe teen Covid-19 wat vir toegang tot die land aanvaar word. Die volledige reeks entstowwe moet ten minste 14 dae voor aankoms in Engeland voltooi wees - die dag van die finale dosis geld nie vir een van die 14 dae nie.
Die entstowwe is bykomend tot dié wat reeds deur Brittanje aanvaar is en sluit in Oxford AstraZaneca en AstraZeneca Covishield, Pfizer BioNTech, Moderna, en Janssen in. Waar twee dosisse van 'n entstof vereis word vir 'n volle kursus, is dit aanvaarbaar vir twee entstowwe om gemeng te word bv. Oxford AstraZeneca en Moderna.
Meer besonderhede is beskikbaar by www.gov.uk/guidance/coronavirus-covid-19-test-to-release-for-international-travel en www.gov.uk/guidance/countries-with-approved-covid-19-vaccination-programmes-and-proof-of-vaccination.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!