Sinopharm Saterdag verwag
Sinopharm Saterdag verwag

Sinopharm Saterdag verwag

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Sowat 250 000 dosisse Sinopharm word Saterdag in die land verwag. Dit volg nadat drie distrikte naamlik Oshakati, Rehoboth en Windhoek gister reeds uit voorraad van beide Sinopharm en AstraZeneca gehardloop het.

Volgens die hoof van Namibië se taakspan vir die land se immuniseringsveldtog teen Covid-19, me. Petronella Masabane, het vyf distrikte naamlik Swakopmund, Okahandja, Grootfontein, Katima Mulilo en Mariental nie meer AstraZeneca nie, maar word voortgegaan met die dosering van Sinopharm. Die res van die land se gesondheidsdistrikte het nog beide entstowwe in voorraad. Verskeie mense wat die AstraZeneca-entstof verkies of weens onderliggende mediese toestande moet kry of wat binnekort hul tweede dosis moet ontvang, sal “tussen Julie en September” geholpe raak wanneer dié entstowwe verwag word. Dit sluit volgens Masabane die Pfizer- en Johnson & Johnson-entstowwe in.

“Die datums van aankoms sal aangekondig word sodra dit bevestig is,” het sy gesê.

Die 100 620-dosisse Pfizer-entstof is deel van Namibië se aankoopooreenkoms met Covax. Volgens Masabane het die ministerie van gesondheid en maatskaplike die aantal immuniseringspunte met nog 188 verhoog. Dié getal kan styg soos meer maatskappye uit die private sektor by die veldtog betrokke raak, het sy gesê.

Die ministerie het ook ‘n verspreidingsplan in plek vir wanneer die verskillende tipe entstowwe in die land aankom.
– henriette@republikein

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!