Sioka beland in sop oor jeuggevangenes
Me. Doreen Sioka het minder as ’n maand om ’n plan by die hof in te dien waarin die implementering van kinderaanhoudingsentrums uiteengesit is.
Jana-Mari Smith
Die tyd raak min vir die minister in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, me. Doreen Sioka.
Sy het minder as 'n maand oor om met 'n gedetailleerde plan vorendag te kom om kindervriendelike gevangenisse op die been te bring.
Dit, nadat die kantoor van die ombudsman in Oktober verlede jaar ontdek het sowat 30 minderjariges word saam met volwasse gevangenes oraloor die land aangehou.
Die dringende aansoek wat in Oktober verlede jaar voor die hof gebring is, beskuldig Sioka dat sy haar plig versuim het om kindervriendelike aanhoudingsentrums te verseker, soos ingevolge hoofstuk 5 van die wet op kindersorg en -beskerming (CCPA).
Die ombudsman, adv. John Walters, se beëdigde verklaring wys daarop dat die CCPA dit uitdruklik verbied dat persone 18 jaar of jonger in tronke vir volwassenes aangehou word.
"Dit beteken die aanhouding van minderjariges by polisieaanhoudingselle is nie net ongewens nie, maar ook onwettig," het Walters in sy verklaring gesê.
“Haar nalatigheid om haar wetlike plig na te kom, is onwettig," het hy bygevoeg.
Walters benadruk dit is die geslagsgelykheidsministerie se verantwoordelikheid om te sorg vir aanhoudingsentrums vir kinders en die verontagsaming om dit te doen, is 'n skending van die kinders se fundamentele grondwetlike regte en vryheid.
Die ministerie het gefaal om gepaste veiligheidsplekke te begin en het ook nie enige plekke goedgekeur nie.
“Dit is ten spyte daarvan dat die CCPA reeds vyf jaar gelede geproklameer en byna twee jaar van krag is.”
PLANNE
Hoërhofregter Nate Ndauendapo het einde verlede jaar Sioka en haar span opdrag gegee om ’n plan by die hof in te dien waarin details en tydverwysings vervat is om haar mandaat uiteindelik te implementeer.
Daarbenewens het die polisie opdrag gekry om – sonder versuim en waar moontlik – seker te maak dat kindergevangenes van volwasse gevangenes geskei word.
HARDE OMSTANDIGHEDE
Die polisie het in Desember vir Walters ingelig dat 34 manlike minderjariges oraloor die land in gevangenisse vir volwassenes aangehou word.
Onder andere was een 14 jaar oud, drie 15, elf 16 en sewentien 17-jariges.
Walter het gesê “dit kan betwyfel word dat enigeen van hulle (kindergevangenes) van hul regte in kennis gestel is dat hulle nie in polisieaanhoudingselle aangehou mag word nie”.
Hy het gewaarsku dat kinders in gevangenisse vir volwassenes onderhewig is aan ‘’harde omstandighede wat ’n negatiewe impak op hul ontwikkeling kan hê”.
Van die oortredings wat die kinders agter tralies laat beland het, sluit in beskuldigings van verkragting, moord, roof, beskadiging van eiendom, aanranding, veediefstal, brandstigting en ontsnapping uit aanhouding.
’n 16-jarige was in aanhouding op Rundu weens die “oortreding van gemeenskapsdiens”.
In 'n brief van die ministerie gedateer 21 Desember, was daar glo net vier minderjariges in daardie stadium in aanhouding en drie is na die Okatope-aanhoudingselle op Onyaana oorgeplaas. Twee was glo 17 en die ander ’n 16-jarige.’n 17-jarige is in Omaruru aangehou.
VERSKONINGS
Sioka het in Desember verlede jaar die hof meegedeel weens finansiële en menslike hulpbronbeperkings is die uitvoering van die wet rakende die aanhouding van minderjariges moeilik.
"Die ministerie word gedwing om belangrike bepalings te prioritiseer in 'n omgewing waar finansiële en menslike hulpbronne beperk is,” het Sioka gesê.
As ’n voorbeeld het Sioka gesê die ministerie het slegs 79 maatskaplike werkers wat aandag kan skenk aan 'n bevolking van meer as 1 miljoen burgers. Dit is 'n verhouding van een maatskaplike werker per 13 000 kinders jonger as 18 jaar.
Sy sê die ministerie slaag daarin om voort te gaan en het ten spyte van dié hindernisse die implementering van verskeie dele van die wet op kinderbeskerming geprioritiseer.
Sioka beweer die ministerie het 'n plaas geïdentifiseer waar hul “beoog om 'n inrigting op te rig wat as 'n sentrum vir minderjarige gevangenes sal dien”.
Sy het ook gesê kinders en tieners word deur landdroste na inrigtings vir volwassenes gestuur, “omdat daar nog geen aanhoudingsentrums (vir kinders) opgerig is nie”.
Sy het ook geantwoord op die ministerie se versuim om te reageer op dringende briewe vanaf die ombudsman, waarin hy vra dat hul die kwessie moet ondersoek.
Sy het in die hof gesê dit is "vanweë die hoë werklading en beperkte aantal personeellede wat die werk moet doen”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie