Siriu00eb: Rebelle verwerp ooreenkoms
Siriu00eb: Rebelle verwerp ooreenkoms

Sirië: Rebelle verwerp ooreenkoms

’n Djihad-faksie in die Idlib-provinsie in Sirië het die ooreenkoms tussen Turkye en Rusland verwerp en ’n beroep op radikale rebelle gedoen om met hernieude krygsverrigtinge toe te slaan.

Ingevolge die ooreenkoms sal ’n gedemilitariseerde sone geskep word van waar radikale rebelle teen middel aanstaande maand onttrek sal word. Hoewel die Hoeras al-Din-faksie nie die grootste Islamitiese militante groep in Idlib is nie, kan hul teenkanting die implementering van die ooreenkoms wat verlede week tussen Rusland en Turkye bereik is, in die wiele ry.

Tahrir al-Sjam, die grootste Djihad-groep in die noordweste, moet nog sy standpunt oor die ooreenkoms bekend maak, waarin rebelle die gebied teen 15 Oktober moet ontruim. Tahrir al-Sjam bestaan uit ’n koalisie van Islamitiese groepe wat voorheen as die Noesra-front bekend gestaan het. Hy was tot en met 2016 die amptelike vleuel van die Al-Kaïda-netwerk. Sy posisie oor die onttrekking van rebelle is dus van kardinale belang.

SONDER ONTWAPENING

’n Alliansie van die Turks beheerde rebelliegroep, die Nasionale Front vir Bevryding, het sy “algehele samewerking” met die Turkse poging gebied, maar sonder ontwapening of om enige gebied prys te gee.

Die Hoeras Al-Din-groep is vroeër vanjaar gestig deur soldate wat nie langer betrokke wou wees by die Tahrir al-Sjam en die Noesra-front toe dié groepe hul bande met Al-Kaïda geknip het nie.

Ingevolge die ooreenkoms tussen Rusland en Turkye sal die gedemilitariseerde sone bestaan uit ’n sone van 15 km tot 20 km breed tussen die rebelle en die regeringsmagte. Dié sone sal deur Russiese en Turkse soldate beheer word.

Volgens pres. Wladimir Poetin van Rusland moet alle swaar wapens soos mortiere, pantservoertuie en vuurpylstelsels teen 10 Oktober uit die sone verwyder wees.

Na raming woon bykans 3 miljoen mense in die Idlib-provinsie. Die helfte van hulle is Siriërs wat weens die oorlog uit ander dele van die land ontwortel is. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!