Sirië van massateregstellings beskuldig
Amnestie Internasionaal sê die Siriese regering het as deel van 'n “beleid van uitwissing” duisende mense in 'n berugte tronk gehang.
In 'n nuwe verslag, met die titel “Human Slaughterhouse: Mass hanging and extermination at Saydnaya prison”, van die menseregte-organisasie Amnestie Internasionaal (AI) word die Siriese regering van 'n stelselmatige uitwissing van aangehoudenes in die Saydnaya-gevangenis beskuldig.
Die verslag is gegrond op onderhoude met 84 getuies, wat wagte, aangehoudenes en regters insluit.
Daar is bevind minstens een keer 'n week tussen 2011 en 2015 is tot 50 mense uit hul tronkselle geneem vir arbitrêre verhore, aangerand en dan “in die middel van nag in totale geheimhouding” gehang.
“Hulle was tydens die hele proses geblinddoek. Hulle het nie geweet wanneer en hoe hulle sou sterf nie, totdat die galgtou om hul nekke geplaas is,” lui die verslag.
Die meeste van die slagoffers was burgerlikes wat glo teen die regering van pres. Bashar al-Assad gekant was. Tot soveel as 13 000 mense is volgens die verslag in vyf jaar by die betrokke gevangenis dood.
“Hulle is vir tussen 10 en 15 minute laat hang,” het 'n regter gesê wat van die teregstellings gesien het. “Jongeres, wie se gewig hulle nie sou doodmaak nie, is deur gevangenispersoneel afgetrek sodat hulle nekke kon breek,” het hy gesê.
Volgens AI is die massateregstellings dieselfde as oorlogsmisdade asook misdade teen die mensdom en dit gaan steeds voort.
Die verslag kom twee weke voor 'n nuwe ronde samesprekings in Switserland hervat wat daarop gemik is om 'n einde aan die byna ses jaar lange burgeroorlog te maak.
“Die komende Siriese vredesamesprekings in Genève kan nie hierdie bevindinge ignoreer nie. Die beëindiging van gruweldade in Siriese regeringsgevangenisse moet op die agenda geplaas word,” het Lynn Maalouf, adjunkdirekteur van navorsing van die AI-kantoor in Beiroet, gesê.
Duisende gevangenes word in die militêr-beheerde Saydnaya-gevangenis, 30 kilometer noord van Damaskus, aangehou. -Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie