Siriese regering op die drumpel van Aleppo-sege
Siriese troepe was gister gereed om die oorblywende gebiede in rebelle-hande in die land se tweede stad, Aleppo, in te neem.
Rebelle in die Siriese stad Aleppo staar hul grootste terugslag in die gesig sedert die opstand teen die bewind van pres. Bashar al-Assad in 2011 begin het, met regeringsmagte wat gereed is om beheer oor die hele stad oor te neem.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon, het kommer uitgespreek oor berigte van wreedaardigheid teen burgerlikes in Aleppo waar hele distrikte in puin gelê is en onopgeëiste lyke in die strate lê.
Siriese regeringsmagte sê die stryd om beheer van die stad is in die “finale fase” nadat hulle 90 persent van die oostelike dele, wat sedert 2012 in rebellehande is, ingeneem het.
Die ommekeer in die regering se welslae het gekom met die steun van Iran en Rusland, wat sedert September verlede jaar begin het om die stad te bombardeer.
"Die regime is besig om die distrikte Bustan al-Qasr, Kalasseh, Fardaws en ander woonbuurte wat Maandag ingeneem is, te fynkam,” het die hoof van die Syrian Observatory for Human Rights, Rami Abdel Rahman, gesê.
Die val van Aleppo sal meebring dat die regering in beheer van al vyf van Sirië se belangrikste stede is.
Inwoners in regeringsbeheerde gebiede in Aleppo het laat Maandagnag in die strate feesgevier om hul ondersteuning vir die weermag te wys.
Diplomatieke pogings om die konflik tot ‘n einde te bring, het herhaaldelik misluk en tydens onderhandelinge oor die naweek tussen Rusland in Amerika kon geen vordering gemaak word om ‘n skietstilstand in te stel om burgerlikes na veiligheid te bring nie. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie